Het jy gehoor? / Have you heard? – Jul2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 19 July 2024 08:00
Untitled Document


KragDag, die alternatiewe energie en selfstandigheid ekspo, is van 8 tot 10 Augustus op ’n 11 hektaar uitstalterrein by Diamantvallei-landgoed op die R515. Met die leuse “Doen jou eie ding!” fokus KragDag op self- en onderlinge versorgingsoplossings vir huishoudings, hoewe- of plaasbewoners en klein tot medium ondernemings. Energie-selfstandigheid is ’n belangrike komponent van die ekspo, maar daar is vele ander uitstallings en meer as 600 uitstallers. Die ekspo sluit ook ’n landbou sub-ekspo in samewerking met TLU SA in, sowel as ’n opvoedkunde sub-ekspo, ’n vervoerafdeling en ’n kuns en kou-mark in samewerking met Solidariteit Helpende Hand. Skakel 087-231-1644 of besoek www.kragdag.co.za.

~*~


Fijn Kraft, waar ’n mens jenewer, bier, brandewyn, rum, whiskey en allerhande ander fynproewersalkohol kan proe, word van 10 vm tot 5 nm op 9 Augustus by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Kaartjies kos R200 en dit sluit toegang en ’n glas in. Daar is veilige parkering, musiekkunstenaars wat op die verhoog optree en verskeie koskraampies. Kaartjies is by iTickets beskikbaar. Skakel 082-335-5659 vir meer inligting.

~*~


Amanda Strydom bied ‘Hoe ons voel’ om 3 nm op 4 Augustus by Fairtree Atterbury-teater aan. In dié produksie skryf Amanda ’n brief vir en bring hulde aan ’n ikoon wat ons te vroeg verloor het – haar vriend Ralph Rabie (Johannes Kerkorrel). Musikale regisseur en pianis, Coenraad Rall, en kitaar-maestro, Leon Gropp, skilder ’n musieklandskap vir dié aangrypende produksie wat vir ’n Woordtrofee as beste produksie: solo-duo by die Woordfees 2023 benoem is. Kaartjies kos R250 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor.

~*~


‘Colour My Soul Ladies' Day’ is on 28 July from 11.30 am at Monte De Dios, plot 106, Achilles Street, Zwavelpoort. Tickets are available at quicket.co.za, cost R850 and include lunch, a welcome drink, a goodie bag, access to a 360 photo booth, and a Dot Art session. The keynote speaker is Zoya Mabuto-Mokoditoa and you’ll have the opportunity to connect with the inspiring Cancervive team.

~*~


Die boekbekendstelling van Cobus Visser se outobiografie, ‘Walking Through Fire: Whatever It Takes’, is op 14 Augustus om 6 nm by TBC, Wekkerstraat 697, Moreletapark. Kobus is gebore met ’n lewensgevaarlike vorm van hemofilie, ’n siekte waar die bloed nie behoorlik stol nie. Tog het hy onder andere Kilimanjaro met krukke uitgeklim, ’n ‘Firewalk’-instrukteur geword en wêreldwyd as professionele motiverende spreker gereis. Toegangskaartjies kos R300 en is by quicket.co.za beskikbaar. Die Afrikaanse weergawe van sy boek sal teen die einde van Augustus beskikbaar wees.

~*~


Die Cullinan Sjampanje, Sjokolade en Jenewer-fees is op Saterdag 3 Augustus van 9 vm tot 5 nm by die Premier Hervormde Kerk. Daar gaan kuns- en handwerkkraampies wees, deli-kosse soos verskeie kase en konfyt, olywe, piekels en vleis. Musiekkunstenaars Scheppel en AJ DeVos gaan optree. Toegangskaartjies kos R130 aanlyn deur Quicket en R150 by die hekke. Bel Danie Booysen by 082-926-4326.

~*~


‘Die vrou op die dak’ is Je-ani Swiegelaar (Naomi Koster in ‘Binnelanders’) se eenvrouvertoning en word om 3 nm op 4 Augustus by AfriForum-teater aangebied. Je-ani vertolk die rol van ’n vrou op die rand van ’n moontlike afgrond; ’n komplekse, dog eenvoudige vrou met net één doel voor oë: behoud. Dié toneelstuk uit die pen van Germandt Geldenhuys (Louis Koster in ‘Binnelanders’) is ’n kyk na een vrou se innerlike reis op die dak van haar huis, in die woonbuurt waar sy haar hele getroude lewe lank bly. Kaartjies kos vanaf R150 en is by afriforumteater.co.za beskikbaar. Die teater is op die hoek van Thomas Edison- en 13e Straat, Menlopark. Skakel 066-420-6181.

~*~


’n Sake-ontbyt vir manne word om 7.30 vm op 26 Julie by NG Tygerpoort-gemeente, Henryweg 51, Shere gehou. Gaan luister na die verhaal van die Intercare Groep uit die perspektief van ’n pa en seun. Hendrik Hanekom, uitvoerende hoof, en Hendri Hanekom, besturende direkteur, vertel hoe die groep ontstaan het en watter lesse geleer is. Kaartjies kos R145 en is by quicket.co.za beskikbaar.

 

© 2024 Die/The Bronberger