|
|
|

|
Wat sou jy ?n honderd jaar gelede vir Kersfees gekry het? |
|
|
|
News -
Toeka se dae
|
Thursday, 10 December 2009 22:50 |
Untitled Document
’n Honderd jaar gelede het Kersvader begin om persente met ’n vliegtuig af
te lewer. In Desember 1909 was vliegtuie ’n nuutjie en ‘mouterkarre’ was
self nog ’n aardigheid. Ons kyk wat mans en vrouens as Kersgeskenke sou
ontvang, hoe die Kersbome, Kerskaartjies en toonaangewende modes van
1909 gelyk het.
Kersvader vlieg
Kersvader pronk in ’n vliegtuig
op die voorblad van
die ‘New York Tribune’ van
19 Desember 1909 se spesiale
Kersfeesbylaag. Die
opskrif lui dat ’n hoogs
moderne Kersvader nou ’n
vliegtuig gebruik om
geskenke dwarsoor die
wêreld af te lewer. |
 |
Kersboom
Só het Kersoggend in 1909
gelyk. Die foto behoort aan
Marion Wilson en dit is haar
skoonpa wat op die houtperd
wieg. Behalwe vir die
Kersboom en horde Kersgeskenke
op die vloer, wys
die foto hoe binnenshuise
versiering in 1909 gelyk het. |
 |
Vliegtuig aangery In 1909 kon Kersvader
dalk ook eers sy vliegtuig
per motorkar aanry.
Dit is presies wat
Brasiliaanse vlieg-pionier,
Alberto Santos-
Dumont gedoen het.
Die foto is in 1909
geneem toe hy sy Demoisille mono-vliegtuig
agter op sy kar na die vliegveld toe aangery het.
 |
Skeermes
’n Veiligheidskeermes
was die ideale
persent vir ’n man
in 1909. Dié advertensie
is vir die
eerste keer in die
Desember 1909 uitgawe van ‘L’Illustration’
geplaas en wys ’n Gillette Veiligheidskeermes as
die koning van skeermesse. Een van dié skeermesse
se pluspunte was dit hulle nie skerpgemaak
hoef te word nie.
 |
Mouterkar
Dié 1909 poskaart wys dat dit ’n besonderse
gebeurtenis was vir ’n gewone gesin om sy eie
motorkar te hê. Die kar is
’n 1909 Weston-Super-
Mare en die poskaart
kom uit Tom Phillips se
versameling. |
 |
Plate
Dié advertensie vir nuwe
naalde vir platespelers is in
Desember 1909 deur Victor
Talking Machine geplaas. Dit
vertel hoe wonderlik die
nuwe modelle Victor naalde
is – net wat jy nodig het om
Kersfees na jou gunsteling
musiek te luister. |
 |
Kamera
As jy in 1909 gelewe het, sou jy
jou Kersdag-foto’s waarskynlik
met ’n splinternuwe Ensignette
geneem het. Die Houghton
Ensignette Nr 2 Z De Luxe was ’n
rolfilm kamera wat opgevou kon
word.
Dié metaalkamera is
net voor Kersfees 1909
op die mark gesit.  |
Pianola
Dié prentjie was deel
van ’n Desember 1909
advertensieveldtog
genaamd ‘Le Pianola de
l’Amour’ op die voorblad
van ‘La Vie Parisienne’
om mense aan
te moedig om ’n pianola
vir Kersfees te koop.  |
Mode
So het die heel nuutste
bloese vir ‘dames’ gelyk
in 1909. Die jongste
bloesmodes is geïllustreer
in Copland & Lye se
1909 katalogus vir Kersgeskenke.
Blykbaar was
die Franse invloed duidelik
op die snit en afwerking
van die bloese.
|
 |
Uniform
Dit is wat die goed geklede
huishulp in 1909 gedra
het volgens Copland &
Lye se 1909
Kerskatalogus.
Die kwaliteit
van ’n
bediende se
uniform is gesien
as ’n aanduiding
van
die huishouding waar sy werk, se status. |
|
Kersdas
Of jy dit nou
wil glo of nie,
daar was
Kersdasse in
1909. Dié das
is vandag deel
van die Hallmark
historiese
versameling
en word aangedui
as ’n Kersfees 1909 sydas. |
 |
Kersfees-boek
‘The book of
Christmas’
deur Mabie
Hamilton
Wright het in
1909 die lig
gesien. Die
uitgewer was
The Macmillan
Company,
New York en
die boek was
net betyds om
die rakke voor Kersfees te tref. |
 |
Kerskaartjies
Só het
die Kerskaartjies
en Kersposkaarte
gelyk |
Grooteet
Vir Krismis
1909
is daar
wild geslag
vir
die grooteet
wat voorlê. Die slaghuispersoneel
op dié foto het dwarsdeur die
nag gewerk om vars vleis op te sny
vir hul klante se 1909 Kersmaal.
Hulle het gewerk by Fred Hoelzle se
slaghuis in Ann Arbor, Michigan,
Amerika.
. |
Kerslampies
Dié kerslampies
kom uit die
Fostoria se
1909 katalogus
en
kon bestel
word as die
ideale Kersgeskenk
vir ’n vrou. Dit is gemaak
van kristalglas. Die een paar het
$3.75 gekos en die ander een $2.75.
’n Ekstra kers het vyf sent gekos.
 |
Coke
Só het
Coco
Cola se
advertensie
in 1909
gelyk. ’n
Botteltjie
het
vyf sent
gekos
en dit is
geadverteer
as ’n
drankie
wat jou sal opkikker, afkoel en jou
senuwees sal kalmeer. |
 |
Skeep-vaart
Indien jy in 1909 op ’n oorsese
vakansie wou gaan, sou jy intens bewus
gewees het van die wedywering
tussen die Lusitania en die
Mauretania. In Desember 1909 is
kaptein Turner
aangestel in
beheer van die
Mauretania en
kaptein James
T Charles is
gekies as die
Lusitania se
nuwe kaptein. |
 |
Medisyne
Ooit gewonder
oor gesondheidsprobleme in 1909? ‘We cure men’ lui dié 1909
advertensie. Blykbaar het die dokters
belowe om mans te genees van
sere, bloedvergiftiging, velsiektes,
nier-, blaas- en urienprobleme, slym
en aambeie.
 |
Meubels
As jy vir Kersfees 1909 nuwe meubels
wou koop, was dié Rococo-styl
wiegstoel van hout met opgestopte
sitplek en rugleuning hoog mode.
 |
Tikmasjien
Wie sou ’n honderd jaar gelede kon
raai dat tikmasjiene deur rekenaars
uitgefaseer sou word? In 1909 was
dié McCool tikmasjien die nuutste
model op die mark.
 |
Borduur
In 1909 het
vrouens
nog borduurwerk
gedoen.
Dié laat
1909 uitgawe
van
‘The Modern
Priscilla’
se
voorblad
wys ’n
‘moderne’ vrou in die voorgrond
met ’n swart-en-wit skets van ’n
‘outydse’ wewery in die agtergrond.
 |
|
|
|