Elsabé Maré
Die gekombineerde skool Cullinan
is 105 jaar oud en sy geskiedenis
is nou verweef met
dié van die dorp en myn.
Die eerste klasse was in ’n markiestent,
geleen deur die Presbiteriaanse
Kerk, wat op die ‘Rec’ Klub se
gronde opgerig is. R S Carruther
was die eerste waarnemende hoof
en sy huisvesting was ’n tent langs
die markiestent. Hy het sy eerste
klas op Donderdag 30 Julie 1904
met 34 kinders begin, voertaal Engels.
Die ? Rec? Klub waar leerlinge in die saal, met afskortings, en twee
klaskamers skoolgegaan het
Die uiterste hitte, koue, wind en
hael rondom dié tent het ouers laat
kla dat leerling met swak gesondheid
nie daar kan skoolgaan nie. Die
skaars skoolvoorraad is telkens ook
deur die gure weer verniel of selfs
vernietig.
Net soos die dorp, het die skool sy
ontstaan aan Thomas Cullinan te
danke, wat as deeltydse prospekteerder
noordoos van Pretoria
gehoor het van die kinders op plase
wat met groot wit klippe speel.
Teen 1902 het hy daarin geslaag om
’n gedeelte van die plaas Elandsfontein
op sy naam geregistreer te
kry.
Skoolinspekteurs Klooster en Lighterwood besoek die skool met ?n perdekar
Deur sy dryfkrag spring die myn in
werking en die blougrond rol die
diamante uit. ’n Direksie van die
Premier Syndicate Ltd word gestig
en Thomas is voorsitter tot in 1923.
Vir dié dienste is hy in 1910, met die
totstandkoming van die Unie van
SA, tot ridder beslaan deur Koning
George V.
Soos die diamantmyn gegroei het,
het die bevolking gegroei en blyplek,
’n skool, winkel, hospitaal, en
ander nodige dienste moes deur die
maatskappy ontwikkel word.
Thomas en sy vrou was die stukrag
agter dié ontwikkelings.
?n Skoolbank uit 1908
‘Rec’ Klub
Op 8 Oktober 1904 is AE Underworth
aangestel as hoof van die
eerste skool. Die leerlinge gaan in
1905 skool in die ‘Rec’ Klub. Die saal
is met afskortings geskei en daar is
twee aangrensende klaskamers
beskikbaar. Die tuin is ontwikkel en
daar was 141 leerlinge en drie onderwysers.
Die feit dat die ‘Rec’ Klub ook die
myngemeenskap se ontspanningsaal
was, het soms tot ontwrigting
gelei, veral op Maandagoggende as
alles weer ingedra, reggeskuif en
die inkpotte weer teruggesit moet
word.
Die ou skoolgebou het vir ?n hele paar jaar verlate op ?n straathoek gestaan
Siektes soos kinkhoes, waterpokkies,
Duitse masels, bilharzia, masels en die Groot Griep van 1918 het ’n
afname in skoolbywoning tot gevolg
gehad. ‘Martjie Louw’, die
volksmondverbuiging van ‘martial
law’, is in 1914 met die Eerste
Wêreldoorlog afgekondig oor die
staking by die myn, en het kinders
ook laat wegbly van die skool af.
Cullinan-inwoners vertrek na die
oorlog
Groot storms, haelbuie en bitter
koue weer in November 1908 het
kinders by die skool vasgekeer tot
die watervlak gesak het. In die koue
was die saal te groot om warm te
hou en dan moes kinders tuis bly.
In 1933 sluit die myn weens die
wêreldwye resessie. In 1938-1941
voel die skool die gevolge van die
Tweede Wêreldoorlog en soldate
wat moes gaan veg. Maar die skool
gaan aan, al wissel die getalle. Selfs
voedingsprogramme is vir skoliere
ingestel.
Die Premier Mynmaatskappy se 1904 direkteure
Afrikaner
Die skool se voertaal was hoofsaaklik
Engels, maar in 1911 word dit ’n
parallel medium skool met groter
voorkeur vir ‘Dutch’. In 1916 is daar
sterk aandrang vir Afrikaanse onderrig
en in 1920 is toestemming
verkry om die kinders amptelik op
te deel in twee taalgroepe. Nou
word die eerste Afrikaanse Skool
aangebied in die eerste NG Kerk
naby die myn se hoofingang.
Vandag is dit die Lewende Woord
Kerk.
Cullinan Sekondêre Skool vandag
In 1926 betrek die Afrikaanse leerlinge
hulle nuwe skool, die Afrikaner
Skool bo in Oaklaan, maar gou is dit
te klein, want die skole van Tweefontein
en Brandbach sluit en hul
leerlinge kom na Cullinan. Daar is
geen elektrisiteit nie, en die klavier
het ’n uitstaande bedrag van £7. In
1928 maak die skool weer van die
kerksaal gebruik omdat die leerlinggetal
nou 242 is.
Embleem van die skool in Oaklaan
In dié tyd besoek Louis Leipoldt die
skole as mediese inspekteur, maar
ook as Afrikaanse digter. Hy ondersoek
die belangrikheid van letterkunde
in skole se taalonderrig tot
1922. In 1926 besoek die twee inspekteurs
Klooster en Ligterwood
die opening van die Afrikaner Skool
wat deur die Administrateur van
Transvaal, mnr
Hofmeyer geopen
is. Vroeër moes die
inspekteurs met ’n
perdekar ry, maar
nadat die myn die
spoorlyn van
Rayton tot Cullinan
verleng het, kon
hulle trein ry.
Saamsmelt
In 1935 besluit die skoolkomitee dat
die Afrikaanse en Engelse Medium
skole kan saamsmelt. Op 2 Augustus
1938 is die Engelse en Afrikaanse
skoolopenings vir die laaste keer
apart waargeneem. Daarna is die
leerlinge amptelik van die Afrikaner
Skool oorgebring na die skool in
Zonderwaterweg, toe bekend as die
Cullinan Goewermentskool.
Afrikaner Skool, 1926, vandag in Oaklaan
Die Cullinan Gekombineerde skool
bestaan vandag nog in dié gebou
waar die hoof, Gert Swart en die
sekondêre adjunkhoof, Etienne
Rossouw is. Dit is hier waar die
sekondêre afdeling gehuisves word.
Cullinan Laerskool, st 5 klas 1946
Die gebou waarin die Afrikaner
Skool was, is nou die junior afdeling
met graad een tot drie onder die
sorg van die departementshoof,
Joggie Griesel. Die Dorpskool, so
genoem omdat ’n muur hulle skei
van ’n baie besige deel van dorp, is
onder die sorg van Juanita Gregory
as adjunkhoof vir die junior fase.
Cullinan Laerskool, 1945 st 5-groep reünie
Graad vier tot sewe word hier
gehuisves. Die grondslagfase, graad
nul, is in Unionweg met twee onderwysers.
Soos die skool van toet streef die
skool van vandag na uitnemendheid
van skoolonderrig, betrokkenheid
met die leerling en doeltreffende
skakeling met ouers. Met die skool
se honderdjarige bestaansjaar skryf
skoolhoof, Gert Swart: “Die skool is
gemaak na die maat van liefde en
ons word gemeet volgens ons
gestaltes. Elkeen moet na sy talent
groei.”
Sewe hoofde in die honderdste
herdenkingjaarblad in 2004
|