
Russel Cornell saam met sy kleinkinders, die 11-jaar-oue Clyde Cornell, links, en die 15-jaar-oue Russel Vorster, regs, in hul Zwavelpoortse mielieland op plot 289. Foto: Muriel Cornell
Die plant-gogga het Russel Cornell
reeds in die 1940?s in
Zwavelpoort gebyt. As kleinkind
het hy gekyk hoe sy Oupa Francois
Evans groente en mielies op
die plaas Zwavelpoort geplant het.
Oor die dekades het Zwavelpoort
in ?n hoewegebied verander en
Pretoria skuif al hoe nader aan die
stukkie grond wat Russel van sy
ma, Violet Cornell, geërf het.
Vanjaar het Russel, wat nou self ?n
oupa van 65 jaar oud is, besluit
dat mielies weer geplant gaan
word op Zwavelpoort. En dit juis
in een van die beste reënjare wat dié gebied in ?n baie lang tyd gehad het.
Russel se jongste dogter, Muriel
Cornell, sê dat haar pa juis gewag
het vir ?die waters van die
hemele?.
?Hy kon met besproeiing natmaak,
maar wou sy geloof toets, nes die
film ?Faith like Potatoes?. Die
hemel se sluise maak toe oop op
?n dag wat niemand dit verwag het
nie,? sê Muriel.
?Een oggend was die lande vol
helder groen saailinge en dit was
die mooiste gesig, want weke het
omgegaan voor dit kon gebeur.
Ons het elke dag gesien hoe die
groen pragland groei, al in die lug
in, so asof die mielies oppad is na
die mooi bloue hemel.?
Oupa Cornell het vir Russel en
Clyde, twee van sy ses kleinkinders
laat help ? vanaf voorbereiding
van die land tot plant. ?En nou is
dit vir hulle ?n lekkerte om so
tussen die groen reuse te gaan
stap en hul handewerk te kan voel
en sien,? sê Muriel. |