Lieve oom Krismisvader Print E-mail
News - Ou Poon se plotpraatjies
Thursday, 10 December 2009 17:55
Untitled Document

Lieve oom Krismisvader,

Dis ekke, Daantjie. Oom Krismisvader weet mos, daai Daantjie van plot 88 Donkerhoek – ’n mens draai links by die kliphek net annerkant oom Piet Perde se plek.

Ek weet nie of oom-hille gehoor het nie, maar ek was mos freeslik soet hierrie jaar en ek het rêrig eintlik ore aan my kop. As my pa sê ‘stoutgat’ praat hy eintlik van Neelsie, my boetie, al lyk dit nie altyd so nie. Oom hoef nie twee kwatbaaiks te bring nie, net een. Neelsie is ok nog te klein virre kwatbaaik.

Wat virre ding is ’n loef, oom? Ek weet nie, maar as oom Krismisvader dalk een in stok het, dink ek oom Japie hier van Mooiplaats sal graag een vir Krismis wil hê.

Ek het gehoor die grootmense sê oom Japie se loef is behoorlik afgesteek. Hille sê dis oorlat hy by die kroegtannie gekuier het en toe vang tannie Japie hom. Dit moet freeslik wees, so sonner ’n loef, oom.

As oom Krismisvader nou kom om my kwatbaaik af te laai, kan oom sommer vir my ma gedild bring. Ek weet ook nie mooi hoe dit lyk nie, maar my ma wil dit ferskriklik graag hê. My ma loop heeltyd en vra vir gedild.

Soos as my pa weer heeldag sit en rakbie kyk en bier syp, dan sê my ma: “Gee vir my tog net gedild.” O ja, en sal oom tog asseblief vir daai ref van die rakbie ’n bril gee hierrie jaar.

My pa vra, oom: Hy sê: “Gee vir die ref ’n $@**&!! bril,” altyd as hy so rakbie kyk.

Hier in die Bromberg word dit freeslik warm, oom. Eenkeer was dit só warm dat die aaiskriem in die diepfriets gesmelt het. Dis wat my ma gesê het, maar ek weet daai aaiskriem het nie eintlik gesmelt nie. Dit was al lankal, oom en dit tel mos nie vir hierrie Krismis se soetwees nie, nè oom?

As oom Krismisvader nou kom om my kwatbaaik te bring, kan oom sommer vir my ma ’n airkon saam met die gedildbesigheid bring?

Vir die freeslike warm, asseblief, oom.

En sjeim, oom. Net ’n entjie van die teerpad af, die derde plot regs, daar bly oom Josef Blinkdam. Oom sal sien daar’s silke varkhokke van sinke. My pa sê oom Josef het van die waterkar afgeval en toe verloor hy sy varkies. Sal oom sommer vir hom nuwe varkies bring, oom? Ek het nie geweet oom Josef het ’n waterkar nie, maar hille sê hy het ook ’n trollie en sjeim, hille sê hy het daarvan af ook geval.

Ek verstaan nie mooi wie van oomhille nou eintlik nuwe babas bring nie. Of dit oom, of die ooijefaar, of die glipsie is, soos my pa sê nie. Maar my ma het vir Neelsie gesê Krismisvader bring vir ons hierrie jaar ’n babasussie.

Miskien maak oom-hille beurte. Ek dink die ooijefaar of die glipsie het vir Neelsie gebring want hille het hom in die winter afgelaai en oom kom mos net Krismis.

Ek vra mooi, oom Krismisvader, as dit oom is wat die babasussie wil bring, moenie, oom.

Ek en Neelsie wil nie eintlik ’n babasussie hê nie. Oom kan liewer ’n klein hondjie of ’n playstysjin bring. Ek dink ok nie hille is so ferskriklik duur nie.

Oom is seker baja besig hierrie tyd vannie jaar. As oom Krismisvader te besig is vir al die goet wat ek vra, is dit oukei. Bring dan maar net die kwatbaaik. ’n Rooie.

Groete oom, van Daantjie

 

© 2024 Die/The Bronberger