PDF Print E-mail
News - Rubrieke
Thursday, 10 December 2009 15:51
Untitled Document

In dié rubriek voorsien inspekteur Wynand van der Merwe, hoof van Sigbare Polisiëring, SAPD Boschkop, nuttige landelike veiligheidswenke


Inspekteur Wynand van der Merwe

Dit is die einde van die jaar en die Kersseisoen is weer met ons. Ongelukkig is dit ook ’n besige tyd vir die kriminele elemente wat weet dat daar meer kontant op persele gehou word.

Hou streng beheer oor jou sleutels sodat dit nie gedupliseer kan word nie. Die film foefie waar boewe die sleutel in klei of seep afdruk, werk nie. Glo my, my skoonpa is ’n sleutelmaker. Maar dit keer nog steeds nie dat die nommer op die sleutel gevat kan word en ’n duplikaat by ’n sleutel maker gekoop kan word nie.

Kluissleutels het egter nie ’n nommer nie. As jou kluissleutels verdwyn en skielik weer verskyn, raai ek aan dat jy so gou as moontlik die slot vervang. Die sleutels kon dalk gedupliseer gewees het. Handhaaf goeie verhoudings met jou plaaswerkers en hou rekord van hulle persoonlike besonderhede; ’n afskrif van hul identiteitsboekie, woonadres, vorige werkverwysing en waar moontlik, besonderhede van ’n familielid.

Dit is ook ’n goeie idee om aan werkers ’n meganisme te verskaf wat jou kan waarsku teen gevaar. Die meeste van die tyd kom die werkers eerste agter as daar ’n aanval is, of hulle word eerste geteiken omdat die aanvallers weet dat die werkers kan alarm maak terwyl die hoofhuis op die plot of plaas aangeval word.

Nog ’n belangrike wenk is om jou roetine te verander. Misdadigers hou jou dop en stel vas wat jou roetine is. Dit maak dit soveel makliker om ’n aanval te loots.

Daar is ’n nuwe webtuiste geskep vir die Boschkopse polisiewyk waar die publiek ’n bietjie kan gaan rondkyk. Die adres is www.boschkop.co.za.

Inligting wat op die webtuiste verskyn strek van sektorpolisiëring en die Boschkop Gemeenskapsforum tot statistieke oor huisinbrake en kontakbesonderhede. Afdelings wat nog ontwikkel word sluit inligting oor reserviste en sekuriteitsmaatskappye in.

 

© 2019 Die/The Bronberger