
Laerskool Witpoort word 120 jaar oud en vier die geleentheid met ’n biltongfees op Saterdag
16 Maart vanaf 12 nm. Daar gaan ’n storie-vertel konsert wees, kraampies, pretparkritte en braaivleisvure. Neil Somers is die gaskunstenaar en sy optrede begin om 8 nm. Kaartjies kos R150 en kinders onder twee gaan gratis in. Braaipakkies is te koop teen R100 en bestellings sluit saam met kaartjieverkope op 8 Maart. Plaaslosies en kraampiebesprekings kan gedoen word by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Vir navrae kontak Bernice in die skool se bemarkingskantoor by
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
~*~

Die CMR Gauteng-oos bied op 9 Maart ’n inry-teater aan by die Boeremark-parkeerterrein in Silverton. ‘Avatar, the way of water’ is die naam van die film wat vertoon word. Die film begin om
7 nm, maar koskraampies maak reeds om 5.30 nm oop. Die koste is R250 ’n motor. Vir meer inligting, bel Ancha Smuts: 082-873-5346 of stuur ’n e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.~*~

Fijnwyn Bubbles word op die vakansiedag, Donderdag 21 Maart, en Saterdag 23 Maart van 10 vm tot 5 nm by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort gehou. Alhoewel die fokus op borrels is, sal daar wyn van meer as 25 plase te proe wees, wat alle variëteite insluit. Bekende wynplase soos Perdeberg, Strandveld en Vrede & Lust se wyne sal beskikbaar wees om te proe. Daar is ook uitgesoekte koskraampies en musiek deur talentvolle musikante. Kaartjies kos R200, sluit ’n glas en wynproe in, en is by www.fijnwyntickets.co.za of www.itickets.co.za beskikbaar. Skakel 082-335-5659 of besoek www.fijnwyn.co.za vir meer inligting.~*~

The Schweppes Pretoria Gin Festival is on 23 March from 12 pm to 10 pm at Fire & Wine Venue, plot 43, Zwavelpoort on the R631. Guests can expect some of the finest gin in the country, amazing food trucks and live music. Tickets, available at www.howler.co.za, cost R240 and include a complimentary gin cocktail on arrival. Take your own camp chairs and picnic blankets. No under 18’s.~*~

Die Pretoria Fees is van 29 Maart tot 1 April by Legends-avontuurplaas op die R515-pad, Rhenosterfontein. Besoekers kan uitsien na ’n wye verskeidenheid Afrikaanse musiek-optredes, opelug uitstallings met lugvaart-, landbou-, buitelewe-, motor- en tuinbouaktiwiteite, biertente, hope pret en volop vermaak vir kinders. Vooraf bespreekte kaartjies vir volwassenes kos R150 (R190 by die hek); vir kinders onder 12 jaar kos dit R100 (R130 by die hek); en pensioentrekkers betaal R100 (R130 by die hek). Vir meer inligting, besoek https://pretoriafees.co.za.~*~

Experience the epic tale of the crucifixion and resurrection in ‘Jesus the Crucified’ at the auditorium, Moreleta Kerk on 28 and 29 February and 2 March at 7 pm. Starring an all-South African cast and directed by the renowned Nymph Kellerman, the play promises a captivating portrayal of this timeless story. Tickets cost from R150 to R350 and is available at itickets.co.za/events/474615. The church is at 1353 De Villebois Mareuil Drive, Moreleta Park.
~*~

Die Ubali Granaatfees en 5 km draf- of staproete in die bos (R40 vir volwassenes en R20 vir kinders) is van 21 Maart tot 24 Maart van 9 vm tot 5 nm daagliks. Heerlike kos, kaaskoek, roomys en verfrissende granaatdrankies is beskikbaar. Kinders kan die alpakkas ontmoet, op ponieritte gaan of op die springkasteel speel. Ubali is by H10, Cobraweg, Bynespoort, Cullinan. Vir meer inligting, WhatsApp Louis: 079-213-2784 of Kobus: 082-920-2038.~*~

Desiré Gardner se ‘Magda Louw’ – die tannie in haar herfsjare soos gesien op kykNET – word op 24 Februarie om 7 nm by Atterbury-teater opgevoer. Kaartjies kos R200. ‘Hoerkind’ word om 7 nm op 9 Maart opgevoer. Die skrywer-joernalis Herman Lategan se blitsverkoper, ‘Hoerkind: Die memoires van 'n randeier’, is deur die bekroonde akteur en teaterskepper Margit Meyer-Rödenbeck in 'n toneelstuk, met Geon Nel as akteur, verwerk. Kaartjies kos R220. Op 17 Maart om 3 nm voer Je-ani Swiegelaar ‘Die vrou op die dak’ op. Je-ani speel René Niewoudt, wat besef sy is op die punt om alles te verloor en in ’n desperate poging om die verlies uit te stel, klim sy tot bo-op die dak van haar huis. Kaartjies kos R180 tot R200 en is by seatme.co.za beskikbaar. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. |