Het jy gehoor? / Have you heard? – Jan2024 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 26 January 2024 22:00
Untitled Document


Vriende van Faerie Glen-natuurreservaat hou op Saterdag 27 Januarie ’n veldblom-uitstappie. Mense ontmoet mekaar om 6.30 vm by die hoofingang en almal is welkom om aan te sluit. Diegene wat nie lid van die Vriende is nie betaal R60 vir die uitstappie. Dra gemaklike skoene, ’n hoed en neem water en ’n notaboekie saam. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


’n Valentynsdag-aandete en dans word op 14 Februarie vanaf 6.30 nm by Esperanza, plot 588, Mooiplaats gehou. Die koste is R1 200 ’n paartjie en sluit ’n driegangmaaltyd met sjampanje in. Gaste moet deftig aantrek. ’n Musiekgroep gaan optree en paartjies kan uitsien na ’n buitelug dansvloer met baie feetjieliggies. Bespreek jou plek teen 31 Januarie deur ’n WhatsApp te stuur: 076-184-5660.

~*~


The Cow and Bull MTB and gravel endurance ride, crafted by Ultimate Trail Adventures, is on
3 February at the Grootfontein bike park (-25.8859406, 28.3767133). Embrace the thrill of the trail as you navigate through beautiful landscapes, combining the rugged excitement of mountain biking with the endurance challenge of gravel routes. The Cow ride is 85 km long with 950 m elevation and the entry fee is R390. The bull ride is 165 km with 1 580 m elevation and the entry fee is R490. Tickets are available at racepass.com/za/races/cow-and-bull-mtb-gravel-endurance-race.

~*~


’n Valentyn romantiese piekniek en fliek-aand word op 11 Februarie om 4.30 vir 5 nm by Monte de Dios, plot 106, Achillesweg, Zwavelpoort gehou. Die fliek is TBC en gaste kry ’n piekniekmandjie vir twee. Kaartjies kos R395 per persoon en is aanlyn beskikbaar: https://q2b.co.za/OnlineTickets/Index/36?singleEvent=3690.

~*~


Two Valentines workshops for couples will be held on 9 February at 6 pm at Body & Mind Fitness and Aerial Studio in Lynnwood Glen. Couples can choose to attend a partner aerial yoga or a partner pole dance workshop. The cost is R350 per pair and includes a drink. Book at Kayla: 074-356-9907 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Transveld Meatmaster-klub hou op 2 Februarie vanaf 11 uur ’n veiling by die Fire and Wine-arena op plot 29, Bokmakieriestraat, Mooiplaats. Ramme en ooie wat deur die Meatmaster-vereniging geïnspekteer is, word verkoop. Die afslaer is Corné du Plessis van CdP Auctioneering Services. Vir meer inligting bel Frits Hoogendijk: 082-846-6590, Lana Prinsloo: 082-902-6593 of Tenence Long: 078-615-4917.

~*~


Twee werkswinkels word op 3 Februarie deur Julie O by Sjiek & Unique in The Village-koopsentrum in Wekkerstraat, Moreletapark aangebied. Die skets-werkswinkel is van 9 vm tot 12.30 nm en kos R450. Die akrielverf-werkswinkel is van 1.30 nm tot 5 nm en kos R500. Albei werkswinkels sluit die koste van kunsvoorraad, koffie en versnaperings in. Bespreek by Sunel: 082-595-3316.

~*~


Nataniël se ‘Rome ’62’ word vanaf 30 Januarie tot 4 Februarie by Atterbury-teater, Daventrystraat 4, Lynnwood Manor aangebied. Dié vertoning raak familie-kwessies, agterdog, onthullings, oorsese reise, legendariese rolprente en tydlose radiotreffers en sluit uitbundige modes en dramatiese ontwerpe in. Daar is stories in Engels en Afrikaans, asook musiek, splinternuut en ses dekades oud. Nataniël deel die verhoog met Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas), Peter Auret (tromme) en Wernd van Staden (tjello). Die kostuums is deur Floris Louw ontwerp. Kaartjies kos R300 en is by seatme.co.za beskikbaar.

~*~


Sanger Willie Strauss, begelei deur Henry-John Williams op die klavier, hou op Sondag
11 Februarie, 11.30 vm vir 12:00 ’n Valentynsdag-konsert. Kaartjies kos R300 per persoon en sluit ’n ete in bestaande uit Machboos (’n geurige hoender en rys-gereg) en slaai. Die konsert is by Rosstraat 32, Cullinan. Bespreek by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of WhatsApp 082-775-8110

 

 

© 2025 Die/The Bronberger