Dorp spog met nuwe antieke mark Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 10 December 2009 17:48
Untitled Document

Elsabé Maré

Die openingsmark van die antieke ‘Under the Oaks’-mark in Cullinan was ’n groot sukses. Die mark word weer op 20 Desember herhaal en sal na die Kersgety aan die begin van die maand, of met spesiale geleenthede op ’n gereelde basis in werking tree.


Die speelpark word goed benut

Dit maak nie saak of jy met ‘The Friends of the Rail’ se stoomtrein aankom of met jou klassieke motorfiets hier ’n draai maak nie, dit is ’n uitstappie om te geniet.

Versamelstukke en kuns het Sondag 22 November goed verkoop, vyf skilderye is selfs teen goeie pryse agter McHardy Museum in Oaklaan verkoop. Dit het ook ’n eindstasie vir toeriste en kinders geword. Later word beplan om ‘Friends of the Rail’ vol te laai met kunstenaars met antieke ware. Die mark bied ook tuisgebak en vars plaasgroente met eksotiese blomme uit die omgewing. Hierby is groot kinderpret ingesluit soos ’n klein treintjie, klimrame en swaaie. Jy kan ’n piekniekmandjie pak of by een van Oaklaan se eetplekke aandoen.


Under the Oaks? bied tafels vol versamelstukke

Die hoogtepunt is die besoek aan Petra Diamantmyn wat vanjaar vir twee groot ontdekkings gesorg het. In beide gevalle is ’n deel van die verwerkte diamant by Sotheby afslaers, onder groot geheimhouding, van die hand gesit.

Die gesogte knewel van ’n siersteen, 168 karaat, is vir sowat $46 miljoen van die hand gesit. Die twee kleiner diamante van 85,5 en 53,30 karaat is vandeesmaand vir $2.8 miljoen verkoop. Johan Dippenaar, uitvoerende hoof van Petra Diamante, sê nog geen besluit is geneem hoe die diamant van 507 karaat verkoop gaan word nie. “Ons ondersoek alle moontlikhede.” Petra se diamante word gewoonlik op tender verkoop.

Daar is piekniek gehou en gebaljaar

 

 

© 2020 Die/The Bronberger