Het jy gehoor? / Have you heard? - Nov2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document


Ditsong Sammy Marks Museum, in collaboration with Upsidedown Adventures, presents a ghost tour on 18 November from 6.30 pm to 8 pm. Take your own picnic basket and enjoy a picnic dinner on the museum’s lawns from 5 pm or book separately at 082-908-2295. Tickets cost R255 and are available at www.quicket.co.za. The museum is on the Old Bronkhorstspruit Road (R104).

~*~


Die Nickel Kersmark word van 22 November tot 3 Desember, daagliks van 9 vm tot 5 nm by Kungwini Welsynsorganisasie (KWO) op plot 214, Lynnwoodweg-verlenging (Grahamweg), Zwavelpoort gehou. Die mark bied ’n wye verskeidenheid items – iets vir elkeen se Kerskous. Sit aan om ’n heerlike maaltyd te geniet en luister na musiekkunstenaars wat op Saterdae en Sondae optree. Dié mark samel fondse in om kostes, wat nie deur die regering gesubsidieer word nie, te dek en om produkte, wat deur gestremde inwoners gemaak word, te bemark. Skakel 012-940-0221, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of besoek www.nickelmarket.co.za.

~*~


Die Hoek restaurant en kwekery hou voortaan elke Saterdag en Sondag vanaf 9 vm ’n mark met smullekker eetgoed, juwele en vars plaasprodukte. Musiekkunstenaars tree op. Die Hoek is op plot 30, Kaalfontein op die hoek van die R515 en Ou Bronkhorstspruitpad (R104). Bel Theunetta: 082-691-1703.

~*~


Die Pretoria Oos Geloftefees is op 16 Desember om 9 vm op die terrein van die Pioniershuismuseum langs Pretoriaweg, Silverton. ’n Erediens word deur dr Pieter Heystek gelei. Mense word gevra om hulle eie stoele saam te neem. ’n Kollekte gaan opgeneem word om die uitgawes te dek. Ná die tyd kan verversings onder die bome geniet word. Vir navrae, bel Oosie Oosthuizen (082-779-8576) of Bessie Keun (082-454-6060).

~*~


Vleisvreters is die naam van die fees wat op 2 Desember van 9 vm tot 6 nm by Kakiebos, plot 31, Kaalfontein gehou word. Hier kan jy smul aan vleisdisse van spitte tot rokers en potte en kan jy vars vleispakke aankoop. Daar sal ook vlooimarkkraampies wees, kindervermaak, klassieke en kragmotors, pretkompetisies en ’n biertent. Arno van der Hoff, Deronshay, Jay Morgan, AJ de Vos, Heidi en Dirk van der Westhuizen gaan optree, Kaartjies kos R100 en kinders onder 12 gaan gratis in. Vat jou kampstoel saam. Kontak Jaenette by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of Jolandie by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of stuur ’n WhatsApp: 061-253-8705.

~*~


Mathys Roets en Leon Gropp tree op 25 November om 6 nm op in ‘So geskryf, so gesing’ by die NG Tygerpoort-gemeente se enRoute-teater, Henryweg 51, Shere. Dit is ’n aand met musiek, stories, humor en ’n braai ná die tyd. Vat jou eie braai-mandjie saam. Die gemeente verskaf die vure. Kaartjies kos R200 en is by www.quicket.co.za beskikbaar.

~*~


Cullinan vier weer Geloftedag op 16 Desember by die TLU-saal. Verlede jaar is ’n splinternuwe gedenkteken gebou en met Geloftedag onthul. ’n Tydkapsule, met boodskappe vir die nageslag, is binne-in geplaas en sal in 2072 weer oopgemaak word. Vanjaar se program skop om 9 vm af. Daar gaan ’n kort aanbieding oor die groeiende projek wees, ’n kultuurprogram met voorsang, gevolg deur ’n erediens, die lees van die Gelofte en ’n kranslegging met verversings ná die tyd. Vir meer inligting, bel Butch Roos: 082-869-6969.

~*~


Ruhan du Toit en Corlea span hulle musikale vernuf saam met die produksie, ‘Op pad na Kersfees’, wat om 3 nm en 6 nm op 10 Desember by Atterbury-teater opgevoer word. Maak reg vir ’n vertoning met hartsmusiek, sielskos en humor. Kaartjies kos R250. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Skakel 071-686-7733 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it  of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die ‘Stoute Kabouter wat Kersfees wou kaap’ is ’n kinderteaterstuk wat op 9 en 15 Desember om
11 vm by die AfriForum-teater deur Riverside Theatre Company aangebied word. Gaan die Stoute Kabouter se streke Kersfees beïnvloed, of sal die Kersfeesgees die kabouter se hart verander? Jennifer Myburgh, Wilf Mahne en Mignon Pretorius vertolk die rolle. Kaartjies kos vanaf R130. Kontak die teater by 066-420-6181 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum, hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.

~*~


Die Cullinan-Kersmark word op Vrydag 15 en Saterdag 16 Desember van 12 uur tot 8 nm en op Sondag 17 Desember van 10 vm tot 3 nm by die biblioteekpark op die hoek van Rossweg en Kameeldoringstraat gehou. Daar is meer as 120 kraampies en Kersliedere gaan deur Scheppel en Onike opgevoer word. Toegang is R40 vir volwassenes, R30 vir pensioentrekkers en R20 vir kinders onder 18 jaar oud. Die fondse is ten bate van die Abraham Kriel Kinderhuis. Skakel 082-926-4326.

 

© 2025 Die/The Bronberger