Kersgebed Print E-mail
News - Kommentaar
Thursday, 10 December 2009 17:41
Untitled Document

Ons wens al ons lesers en adverteerders ‘n veilige en geseënde Kersfees en Nuwejaar toe!

Kersgebed
Dat die welbehae in mense
ook van mens tot mens sal geld
en die bede vir vrede op aarde
ons sal vrywaar teen geweld

Gee dat ook hier in ons eie ou wêreld
die liefde ons deel sal wees
dat ons die grootste van alle verjaardae
gelate kan vier sonder vrees

Ons hou vakansie
In Desember gaan ons ook ’n bietjie afsaal en vir ’n wyle vergeet van werk. Die Bronberger se kantore sluit saam met die skole op Vrydag 11 Desember.

Die Bronberger se Januarie-uitgawe gaan ’n bietjie later as in ander maande op straat verskyn omdat ons wag dat al ons lesers veilig terug is van vakansie. Die skole begin op Woensdag 13 Januarie en ons sperdatum vir advertensies in ons eerste uitgawe van die jaar val op Vrydag 15 Januarie. Januarie se Bronberger versprei vanaf 25 Januarie.

Ons sien uit daarna om in die nuwe jaar weer van julle te hoor. As julle die Bronnie te veel begin mis, kan julle gerus ’n bietjie in ons argiewe gaan rondlees by www.bronberger.co.za.

Ons sal steeds in die vakansietyd beskikbaar wees op ons selnommers. Bel vir Gerhard by 082-377-6807, vir Tania by 072-089-0227 of vir Angie by 083-959-1016.

 

© 2020 Die/The Bronberger