Bekende kultuurman oorlede Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document

Betsie Steyn

Theuns de Wet, bekende kultuurman, is op 15 Oktober in die ouderdom van 81 jaar stil in sy slaap oorlede.

Hy was onder meer die gebiedsleier van die Transvaalse Voortrekkers, stigter en leier van die Afrikaner Volkskultuurbeweging, bestuurslid van die Afrikanerkultuurbond en ’n stigterslid van Radio Pretoria waar hy jare lank die Kultuurdagboek met Suid-Afrikaanse geskiedenis behartig het.


Die erewag by Theuns se begrafnis
Foto: Susan de Klerk

Theuns was ook gemoeid met die Voortrekkermonument, Majuba, die Krugergenootskap en was lid van Kleinfontein se Kultuurkomitee. Hy was ’n skoolhoof, ’n kundige op die gebied van wiskunde, geskiedenis en Bybelkunde, het vir IBM gewerk en was hoofseun van Pretoria-Noord Hoërskool.

Theuns was vir sy laaste paar dae in ’n aftree-oord in Pretoria-Noord. Sy begrafnis was op
19 Oktober op Kleinfontein. Die diens is deur dominee Marius Hartzenberg behartig en huldeblyke is gelewer deur sy seun Theuns, Ernst Roets en Helen Steyn van Kleinfontein, ’n jarelange vriendin van die De Wets, wat genoem het dat mense wat haar met kort insette genader het, haar weer laat besef het hóé dinamies Theuns was, waarby hy jarelank betrokke was en die invloed wat hy op mense gehad het.


Theuns de Wet
Foto: Carel Breytenbach

’n Aandoenlike oomblik by die graf was toe verskeie Afrikaner Volkskultuurbeweging-bestuurslede, ander lede en volwassenes wat as kinders by die kampe betrokke was, ’n erewag gevorm het terwyl die kis uit die lykswa na die graf gedra is.

Theuns laat twee seuns, Theuns en Schalk, en vyf kleinkinders agter.

 

© 2024 Die/The Bronberger