’n Baie spesiale 21ste Kersuitgawe van die Bronnie gaan in Desember die lig sien en ons nooi lesers sommer nou al om daarvan deel te word. Ons hoor graag van mense wat interessante Kersfees- en vakansiestories het en wat dit met hulle kontreigenote wil deel.
Lesers is welkom om hulle Kerswense aan geliefdes, vriende en kennisse in ’n lesersbriefie in die Bronnie oor te dra. Stuur gerus jou briefie per e-pos aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Ons Kersuitgawe gee adverteerders ook die kans om klante vir hulle ondersteuning deur die jaar te bedank, Kerswense oor te dra en, indien toepaslik, hulle veranderde openingstye en sluitingsdae in die vakansietyd met lesers te deel.
Onthou dat Die Bronberger se Desember-uitgawe die een is met die langste leestyd van die jaar – die Januarie-uitgawe kom ’n bietjie later as gewoonlik uit. Mense neem hulle Bronnies saam op vakansie, wanneer hulle juis meer tyd het om te lees, so dit gee goeie blootstelling aan adverteerders in die vakansietyd – veral advertensies wat mense kan help om Nuwejaarsbesluite te maak.
Die wat met Jan-Tuisbly se karretjie ry sal graag meer wil uitvind oor eetplekke wat ’n spesiale Kersmaal bied, diegene wat spesiale aanbiedinge vir die feestyd het of diensleweraars wat in die Kerstyd steeds beskikbaar is om nooddienste te kan lewer.
Ons sien met geesdrif daarna uit om weer interessanthede en wetenswaardighede uit ons gebied en wyer, met die klem op Kersfees en die feesseisoen, in die Bronnie se Kersuitgawe op te dis.
Die plan is om ons Kersuitgawe vanaf 13 Desember te versprei. Die sperdatum vir plekbespreking in vanjaar se Kersuitgawe is 5 Desember.
Vir jou advertensie kan jy vir Tania by 072-089-0227 bel, of stuur ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
, of bel ons kantoor by 012-734-0522 of 083-959-1016 of stuur ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. Vir Bronkhorstspruit, Cullinan en Rayton, kontak Hannes by 072-992-5440 of e-pos:
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
. |