Hennetjie tree vreemd op Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 16 November 2023 12:00
Untitled Document

Marinda le Roux van die Bronberg-gebied:
Ek het ’n handvol hoenders . . . gelukkig, want anders was die ontbyt maar karig.

Weet iemand of hierdie vier almal Koekoekhoenders is, want ons is vertel dat twee van hulle Plymouth Rock-tipe is? Die Plymouth Rocks is seker ses maande jonger en het kleiner kammetjies, maar lyk baie vetter.


Marinda se hoenders

Nog iets – die een hen is nou al ’n maand lank broeis en eet net as ek haar optel en by die kos neersit. Die nes-boks het ek lankal verwyder, maar sy bly vies-vies terug klim op die plek waar dit eers was en bring 90% van die dag daar deur, al is daar nie ’n haantjie in sig nie en geen eiers onder haar nie.
Watter raad het julle?

 

© 2024 Die/The Bronberger