Wapadranders sing Kersliedere by Kerslig |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 November 2009 08:21 |
Untitled Document
Wapadranders hou ’n
‘Kersliedere by Kerslig’ aand
op 28 November. Kinders met
kerse en eie handgemaakte blakers
gaan al singend teen 5 nm vanaf
Wapadrandweg se doodloopstraat
begin stap tot by die dammetjie in
Disselboomstraat.
Liedjies word verskaf en Wapadranders
gaan deur hul eie
musikante begelei word. Inwoners word uitgenooi om ’n lekker piekniekmandjie
te pak en opvoustoele of ’n piekniekkombers saam te vat.
In die park word parkering gereserveer vir gestremdes en senior burgers.
Die res van die mense kan van hul huise af stap of by die winkelkompleks
parkeer.
Om jou deelname te bevestig, bel vir Marlyn von Backström by
082-415-6735 of stuur vir haar ’n e-pos na
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
.
Donasies sal waardeer word ten bate van die Paul Jungnickelhuis vir
gestremdes in Lynnwoodweg-verlenging.

Kersliedere by kerslig gaan by die
parkie in Disselboomstraat aangebied
word
Foto: Esperance Grobler
|
|