News -
Briewe
|
Friday, 20 October 2023 08:00 |
Untitled Document
Esmarie Yssel van Pretoria:
Goeienaand Bronnie-span. Ek hoop dit gaan voorspoedig daar by julle. Ek wil graag weet of julle moontlik inligting het oor die Anglo-boereoorlog veldslag wat in die omgewing van die Nkwe-plesieroord plaasgevind het of dalk nie plaasgevind het nie.
Een van die skanse op die Bronberg by Nkwe, Tierpoort
Ons het die naweek daar gaan stap en daar is verskeie pragtig bewaarde skanse, maar ek kry nie inligting oor die slag op Google nie. Ek weet julle plaas interessante geskiedenisberigte en het gewonder of julle dalk vir my inligting het.
Twee skanse langs mekaar
Ons het Esmarie laat weet dat daardie skanse op die Bronberg deel was van die oploop na die Slag van Donkerhoek (Diamond Hill). Twee artikels wat ons in die onlangser verlede daaroor gedoen het, is by www.bronberger.co.za onder die Toeka se Dae-afdeling: ‘Boer en Brit veg ná 120 jaar saam om slagveld teen mynbou te beskerm’ in Januarie 2021 en ‘Gedenktekens help slagveld teen mynbou beskerm’ in Junie 2021. – Red |
|