News -
Briewe
|
Friday, 20 October 2023 08:00 |
Untitled Document
Lukas de Waal van Moreletapark:
Geagte Angie en jou span. Dit is vir my ’n besondere voorreg om as oud Pretorianer – sedert 1961 – vir julle geluk te wens met die 21ste bestaansjaar van Die Bronberger.
Dankie vir julle onbaatsugtige diens wat julle en julle voorgangers gelewer het en nog lewer om die geskiedenis van Pretoria en omgewing op hierdie wyse op te teken en vir die nageslag te bewaar.
Ek bid graag vir julle sterkte toe vir wat julle ook al in die toekoms beplan en ten uitvoer bring. |
|