Het jy gehoor? / Have you heard? - Aug2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 18 August 2023 08:00
Untitled Document


Die jaarlikse ValleiPartei en Kinderkarnaval is op Saterdag 26 Augustus van 8 vm tot laat by Valleisig-gemeente op die hoek van Tipperary en Mayolaan, Faerie Glen. Uitstallers is welkom en almal word genooi om te gaan eet, koop, kuier en speel. Vir meer besonderhede en die dagprogram, bel vir Riaan: 082-459-4293 of die kantoor: 012-991-1542.

~*~


Die jaarlikse Simmentaler beesrasskou en veiling word van 23 tot 25 Augustus by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die plaas Kaalfontein aangebied. ’n Totaal van 60 stoetvee word die dag te koop aangebied. Bel Hans Frank by 082-899-6677 vir meer inligting.

~*~


Afrikaans in Styl keer terug saam met die seisoen van groei en word vanaf 7 nm op 9 September by die Sun Bet-arena, Time Square, Aramistlaan 209, Waterkloof Glen gehou. Spoegwolf, Elvis Blue, Corlea en Nataniël deel die verhoog met 15 briljante musikante onder leiding van musiekregisseur en Steinway-pianis, Charl du Plessis. Kaartjies kos van R350 tot R750 en is by seatme.co.za beskikbaar. Vir meer inligting, stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


‘Dinner for One’ / ‘Sopper vir Een’ met Elma Potgieter en Justin Strydom word op 31 Augustus en
1 September om 7 nm by Atterbury-teater opgevoer. Dié roomtertkomedie speel af in ’n eeue-oue Britse herehuis, waar die laaste oorblywende lid van die familie, Miss Sophie, haar 90ste verjaardag vier. Die skets vind in die eetkamer plaas, met Miss Sophie aan die koppenent van die tafel en daar is vir haar ‘gaste’ – almal oorlede – plekke gedek. Die dienskneg, James, moet vir die gaste ’n viergang-maaltyd bedien en daar is vir elke gang ’n drankie, wat James namens elke gas moet drink. Die spanning loop al hoe hoër elke keer as James nóg ’n rondte om die tafel oorleef sonder om oor die “kop” van die tiervelmat te val. Kaartjies kos van R180 tot R220. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of skakel 071-686-7733.

~*~


Die bekende Genealogie- en Erfenisfees kry ’n nuwe baadjie met die FAK wat hande vat met die Voortrekkermonument en Erfenisstigting om genealogie en erfenisaktiwiteite by een groot feesterrein te kombineer. Die fees word op 25 September van 8 vm tot 3 nm in die Voortrekkersaal (rolstoelvriendelik), oostekant van die monument gehou. Uitstallers sluit in: FAK; Erfenisstigting; Genealogiese Genootskap van SA, Hugenote Vereniging van SA; Aristata (voorheen Protea) Boekwinkel; en uitstallings oor Volkskuns en die publikasie ‘Kerkboek’ asook die Bartmann-, Botha-, Claassen-, De Lange-, De Vaal-, Dreyer-, Du Plooy-, Human-, Jamison-, Swart-, Vorster-familie, Fourie-, Lamprecht- en Malan-familiebond. Spesiale toegangsprys vir pensioentrekkers (hou FAK sosiale media dop vir vooraf koop van kaartjies). Koskraampies en ander erfenisaktiwiteite kleur die dag in. Navrae: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of www.genealogielessenaar.com.

~*~


Die eerste Agrivon Landbou Ekspo is van 28 tot 30 September by die Willem Prinsloo Landboumuseum. Met die fokus op opleiding en die nuutste landboutegnologie en innovasie kan besoekers uitsien na: Gratis lesings elke dag wat verskeie onderwerpe dek; ’n diere jeugskou vir die jongspan; diererasuitstallings; ’n bul- en ramveiling; biertent en spitbraai, ’n vlooimark; musiek deur plaaslike kunstenaars; en vermaak vir die hele gesin. Besoek www.agrivon.co.za of bel Andre by: 061-628-3956.

~*~


Kaartjies vir die Cullinan Gospelfees is vanaf 1 Augustus reeds teen R200 beskikbaar by alle Pick n Pay winkels en by www.webtickets.co.za. Die fees begin om 12:30 op 14 Oktober by die Cullinan Biblioteekpark se saal en word gereël deur die 50 Plus groep wat pensioentrekkers van gemeentes in Cullinan en Rayton insluit. Kunstenaars wat gaan optree is: Joe Niemand; Pierre van der Westhuizen; Ronell Erasmus; Charlie Dicks; Marius Landman; Willie Botha; Tania Strauss; en Marlene Bezuidenhout. Koskraampies strek van pannekoek, vetkoek, kerrie en rys tot worsbroodjies en biltong. Bel Johan Meyer: 062-987-8017 of André Labuschagne: 082-458-8032.

~*~


Die Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings word vanaf 7 nm op 19 September by die Choose Life Ouditorium, Rubensteinrylaan 589, Moreletapark gehou. Dié toekennings word ter erkenning van kunstenaars, produksies en lirieke van hoogstaande gehalte aangebied en gaan gepaard met ’n wêreldklasvertoning waarby die beste Afrikaanse kunstenaars betrek word. Die vernaamste doel van die Aitsas is om deurlopende uitstaande werk op musikale vlak in ons pragtige taal te beloon en te vereer. Kaartjies kos R250 en is by itickets.co.za beskikbaar.

~*~


A Wedding Showcase is held from 14 to 18 September at Woodlands Boulevard on the corner of Garstfontein Road and De Villabois Maruil Drive. Soon-to-be-married couples can look forward to interactive exhibits and insightful content. Contact the organisers at 076-339-4470 or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die ‘Cullinan German Bierfest’ word op 26 en 27 Augustus by die Cullinan Biblioteekpark, Kameeldoringstraat 173 gehou. Kaartjies kos R130 vir volwassenes en R100 vir pensioentrekkers. ‘Oompah International’ en ‘The Eisbeins’ gaan optree. Behalwe bier is daar gerookte Eisbein en koskraampies. Kaartjies kan aanlyn bespreek word by https://qkt.io/Cullinanbierfest. Bel vir Danie Booysen: 082-926-4326.
 

© 2025 Die/The Bronberger