News -
Briewe
|
Friday, 18 August 2023 08:00 |
Untitled Document
Verona Cilliers van Faerie Glen:
Ek en my buurvrou wil graag hoor oor julle nuwe rubriek, ‘Mymerkos’. Kan ek ook reseppies instuur van my ma? Of moet dit alles van baie lankal terug wees? Of net snaakse ou resepte?
Ons giggel oor die “bloed van hoenders” van mevrou Pitte se ‘Swartsuur soep’ en die aardige Afrikaans van mevrou Dijkman. Ek gaan haar ‘Soet sopie’ met die “handvol skone vygeblaar” probeer maak.
Kan jy net gewone goed ook instuur? Soos koek? Moet ek dit maak en afneem?
Jy is welkom om dit te maak en af te neem of jy kan deur ou fotoalbums blaai om te kyk of daar destyds so ’n foto geneem is. Anders kan jy ’n foto stuur van die ma of ouma wat die resep ’n gunsteling in die familie gemaak het. Dit hoef nie iets vreemd te wees nie en koekresepte is welkom. Ons hoor graag van lesers oor enige resepte wat heimwee wakker maak. – Red |
|