Waar fynproe jy eerste? Print E-mail
News - Briewe
Friday, 18 August 2023 08:00
Untitled Document

Esmé Meyer van Murrayfield:
Ek wonder toe vandag – hoeveel mense geniet ook die herhalings van Gerhard Kleijn se sketse van jare terug soveel; met sy dorre, sterk humor wat so woordryk en uniek is, dat dit jou hele omgewing sommer ophelder! Dankie so baie daarvoor, want ’n mens vergeet, en nuwe lesers ontdek.

Soms kan ’n mens nie eens kies wat jou gunsteling stuk skrywe in die Bronnie is nie. Watter nuwe nuus, en watter skatte uit die verlede, wat Angie so wyd oopgooi en toelig met die wonderlikste foto’s.

Lesers se foto’s. Kyke in mense se lewens en vierings, dieredinge, sielsdinge. Wat kies jy eerste, of gaan jy jou inhou en mooi netjies van voor na agter die luukse bladsye absorbeer?

Dankie dat julle dit so heerlik moeilik maak om maand na maand nie te weet waar fynproe jy eerste nie. Vir al die nuwe kennis, al die nuwe horisonne, die luuksheid van die advertensies, wat met soveel styl boonop gratis in ons skote val!

En dan reguit boekrak toe, want juwele is nou maar die een ding wat ’n mens wil bewaar, om weer en weer uit te haal en te bekyk. Julle harde werk het ’n permanensie en ’n geskiedenis van sy eie, van soveel mense, oor soveel jare. Kosbaar. Dankie!

 

© 2024 Die/The Bronberger