Die Bronberg-omgewing wemel deesdae van afsaalplekke vir moeë
reisigers. Dit was nie altyd so nie en ons kyk terug na drie van die
hotelle wat ’n paar dekades gelede in ons kontrei koning gekraai het.
Dan gaan ons verder in die geskiedenis terug na die heel eerste hotelle wat
in die Pretoria-distrik oopgemaak is.
Die drie hotelle in ons gebied was die Bapsfontein Hotel, Avondzon Hotel en
die geskiedkundige Premier Hotel op Cullinan wat onlangs gerestoureer is
nadat hy vir 20 jaar lank toe gestaan het.
Die Baps
Vandag is dit moeilik om te glo dat die naam ‘Bapsfontein’
bykans ’n sinoniem was vir dans en ‘country’
musiek. Die hotel is omring deur ’n informele
nedersetting en rommel wat oral rondgestrooi lê is
’n gesondheidsrisiko wat die vleiland in die middel
van die sinkskuilings besoedel. Jill Watson van die
Elandsvlei Bewarea het ’n kliniek en sosiale ontwikkelingskantoor
in die ou gebou ingerig.
Die vervalle Bapsfontein Hotel vandag
Foto?s: Outdoorphoto jacojvr
In 2004 het die eerste sinkgate in dié gebied begin inval. Een van dié sinkgate
is naby ’n skool vir 400 kinders en die bodem van die put is amper nie
sigbaar nie. Blykbaar word die sinkgate al hoe dieper.
In sy gloriedae was Bapsfontein die Las Vegas van Transvaal waar iemand
soos sangeres Barbara Ray haar eerste kans op roem gekry het. Verwysings
na die gloriedae kan gevind word in ’n verskeidenheid liedjies soos Laurika
Rauch en Jannie du Toit se 1988 lied, ‘Van Berlyn tot Bapsfontein’.
Huldeblyke aan Bapsfontein se musikale verlede is opgeneem in albums
soos ‘Back to Bapsfontein’ met musikante wat strek van Bobby Angel,
Tommy Dell en Lance James tot Clive Bruce, Min Shaw en Jody Wayne.
Avondzon
Die Avondzon hotel op die ou Bronkhorstspruitpad was so ’n paar dekades
gelede baie ver uit Pretoria uit. Dié hotel is bedryf deur wyle Ella Brink en
was geleë op die Brinks se familieplaas wat ’n lang en ryk geskiedenis het.
In Junie 2008 het ons berig dat die swierige ou Donkerhoek-opstal op dié
plaas deur ’n destydse lid van Paul Krug er se volksraad, JMA (Donkie)
Wolmarans gebou is. Hy het ’n gedeelte van die oorspronklike plaas,
Donkerhoek, in 1882 gekoop.
Die Avondzon Hotel op die ou
Bronkhorstspruitpad
Foto: Brink familiefoto?s
Die eerste eiendomsreg
van die plaas is in September
1859 aan PJ Botha
toegeken.
In 1916 is die gedeelte van die plaas
met die huis op deur ’n seun van Donkie, Jacobus Wolmarans, aan ’n
sakevennoot van Sammy Marks, ene J Levin, verkoop.
Die huis en grond is in 1924 deur JB Wouda gekoop en sedertdien woon sy
nageslagte nog daar. JB Wouda was Dave Brink, wat sy hele lewe nog daar
bly, se oupa.
Dit is Dave se ma, Ella Brink, wat die hotel bedryf het. Sy het tot haar afsterwe
’n paar jaar gelede, in die ou opstal gewoon. Ella se ma was in die vroeë
1900’s die eienaar van die bekende Wouda losieshuis in Pretoria.
In die sewentiger jare was Avondzon ’n bekende kuierplek. Dit het later die
Africa 2000 hotel geword.
Premier Hotel
Cullinan se Premier Hotel dateer uit
1905 en is gestig toe die dorpie
begin uitbrei het ná die Cullinan diamant
daar gevind is. Hy is een van
die historiese besienswaardighede
van dié dorp, maar lyk vandag so
effe anders as toeka se dae. Die
gewels aan die twee vleuels wat in
die ou foto’s gesien kan word, is
iewers voor die 1960’s verwyder.
Cullinan se Premier Hotel
Foto?s: Premier Hotel
Dié hotel het vir twintig jaar toe gestaan
en is eers in Januarie 2007
heropen nadat sy nuwe eienaar hom
gerestoureer het. Vandag spog die
gerestoureerde hotel weer met
toeka se weelde wat ’n mens kan
sien in die Rose & Crown, ’n kroeg in
koloniale styl. Die L-vormige hout
kroegtoonbank dateer uit 1906 en ekstra bygevoeg, maar die ou sitkamer en eetsale spog met toeka se plankvloere.
Die hotel het 16 kamers, elk met sy eie badkamer, en sommige met ’n
balkonnetjie en uitsig oor die straat se kom-en-gaan.
Pretoria se
buitewyke
Toeka se dae het
dit jou bykans ’n
dagreis geneem
om die kronkelpad
van Kerkplein na
Wonderboom met
’n ossewa af te lê.
Hotelle is oral in
Pretoria se buitewyke
gebou en
hierdie foto’s van
hulle kom uit Rosa
Swanepoel se fotoversameling.
Halfweghuis Hotel |
Sesmylspruit Hotel |
Dit is vandag maklik
om Wonderboompoort
toe te ry met
Paul Krugerstraat.
Daardie dae was
Paul Krugerstraat
bekend as Markstraat
en hy het net
tot by Boomstraat
geloop. Dit blyk asof
daar ’n voetpad oor
die berg was, maar
JF Celliers, ‘De Volkstem’
redakteur en
eienaar van Rus in
Urbe, waar die
dieretuin vandag is,
wou nie deurgang
toelaat nie. In 1880
plaas hy die volgende
kennisgewing in
die koerant:
“Markstraat loop net tot by Rus in
Urbe. Geen deurgang verder. Oortreders
sal vervolg word.”
Fountain Grove Hotel by die Fonteine
. |
Dit is nie duidelik of hierdie ?n hotel of winkel was nie, maar die foto is
beslis in die Wonderboompoort geneem |
Die hoofpad na die noorde het oor die
Apiesrivier gegaan by Hovesdrift,
ongeveer waar Soutpansbergweg
vandag loop. Van daar af het die pad
oor die plaas Rietfontein, waar ’n hotel
en winkel was, geloop.
In ‘De Volkstem’ van 7 Augustus
1880 plaas dié hotel
’n advertensie wat die natuurskoon
van die Magaliesberg
by Rietfontein besing.
Nie net kan jy daar oorslaap
en eet nie, jy kry ook goeie
stalle, voer en versorging
vir jou perde
Die Staatsargiewe beskryf dié as ?n foto van
Rietfontein, geneem deur HF Gors, werksaam
in Pretoria van 1875 tot 1890
Op 16 Oktober is daar berig
dat die hotel deur weerlig
getref is, maar dat niemand
beseer is nie. Die weerlig
het albei skoorstene getref
en ’n balk in mnr Blackburne,
een van die eienaars, se kamer is versplinter.
Rondom Kerkplein
In die 1800’s was die meeste hotelle rondom Kerkplein gebou, van die Grand
Hotel op die suid-oostelike hoek, die European Hotel wat in 1888 gesloop is
om plek te maak vir die bou van die Raadsaal, die Pretoria Hotel, wie se
naam later verander het na die South African Hotel, die Kimberley Hotel en
uiteindelik die gebou wat vandag Café Riche huisves. Die foto’s is uit Rosa
Swanepoel se versameling en die inligting gebaseer op haar navorsing.
Grand Hotel
Die Grand Hotel is in 1890 op die
suid-oostelike hoek van Kerkplein
laat bou deur ’n mev Lys. Sy naam
was eers die President Hotel en
HWF Burger was die eienaar in
1892. Hy het die Grand Hotel geword
in 1894 toe S Schlomer hom
van Pretoria Estates Ltd, wat dit
van Mev Lys gekoop het, gehuur
het. Daar kon 70 gaste oorbly.
Grand Hotel
European Hotel
Transvaal is in 1877
deur Engeland geannekseer
en dié is
’n foto van ’n militêre
parade op
Kerkplein voor die
eerste Goewermentsgebou,
heel
links op die foto.
Die wit gebou met
die naambord op
die stoep se dak is
die European Hotel.
In 1878 was Carter
& Co die eienaars van The Gridiron, maar die boere het so gesukkel om die
snaakse naam reg uit te spreek dat daar knap twee weke later berig word
dat The Gridiron van Carter & Co voortaan bekend sal staan as The European
Hotel.
Die oorspronklike European Hotel
In 1880 was RA Colquhoun die eienaar van die European Hotel en in Oktober
is die aanbouings voltooi en het die hotel ’n tweede verdieping bygekry. Dié
eienaar het op 21 Desember 1881 in Engeland gaan trou en sy nuwe bruid,
Adeline Reddy, terug gebring.
Dit het nie goed gegaan met haar gesondheid nie en hulle het besluit om
terug te gaan Engeland toe en die hotel op ’n veiling te verkoop. Die grond
waarop die hotel gebou is, is egter nie verkoop nie want die huurkontrak
van die grond was nog tot April 1898.
Die European Hotel na aanbouings
Die hotel het bestaan uit ’n eetkamer, kroeg, leeskamers, biljartkamer, 19
slaapkamers en stalle vir 16 perde. Die nuwe eienaar se eerste advertensie
het genoem dat
ys nou by die
European Hotel
van Vorstman & Co te koop is teen 1 sjieling per pond.
Die European Hotel en die eerste Goewermentsgebou is in 1888 gesloop om
plek te maak vir die bou van die nuwe Goewermentsgebou, vandag bekend
as die Ou Raadsaal.
Pretoria Hotel
Dié foto is in 1893 of
1894 geneem. Die Raadsaal,
links op die foto, is
pas voltooi maar die
horlosie is nog nie geïnstalleer
nie.
Die lang gebou met die
stoep aan die regterkant
van die foto was in
1899 die Pretoria Hotel.
Sy naam het later verander
na die South African
Hotel. Hugh Romily
Abercrombie, ’n vroeë
inwoner van Pretoria,
het geskryf hoe interessant dit was om in nagmaalweek op die stoep te sit
en die bedrywighede op die plein gade te slaan.
Pretoria Hotel
Die boom op die foto is die laaste oorblywende akkerboom wat oorspronklik,
net na die aanleg van Pretoria, deur Kootjie Vermeulen voor sy huis
aangeplant is. Die bome was vir jare ’n landmerk in Pretoria en daar is
gereeld veilings in hul skadu gehou. Na die tweede Vryheidsoorlog het die
laaste boom finaal van die toneel verdwyn.
Kimberley Hotel
Die Kimberley Hotel
was op die noordwestelike
hoek van
Kerkplein. Die foto is
na 1887 geneem.
Heel links is die noordelike
deel van die
Poskantoorgebou.
Die volgende drie
geboue was almal
op een erf wat tot in
1866 aan Kaptein Struben behoort het. Die middelste gebou met die groot
stoep was oorspronklik ’n woonhuis wat later bekend gestaan het as die
Commercial Chambers, gevul met kantore.
Kimberley Hotel
Regs daarvan is ’n winkel. Die volgende gebou is die Kimberly Hotel. In 1889
was J Cavanagh die hoteleienaar en M Walsh die bestuurder. Voordat die
gebou as die Kimberley Hotel bekend gestaan het, was dit in 1875 die
klubgebou van die Pretoria Klub.
Blykbaar het dié gebou aan dr Leyds, die staatsekretaris, behoort wat vir ’n
tyd daar gewoon het. In 1891 het hy die gebou, wat toe as die Kimberley
Hotel bekendgestaan het, aan die Nasionale Bank verkoop wat dit voorlopig
laat herbou het.
Café Riche
Die ‘Reserve Investment’ gebou, waar die Cabin Tea Room en later die Café
Riche Lounge Bar persele gehad het op die grondvloer, is in 1904/5 opgerig
op die suidwestelike hoek van Kerkstraat en Kerkplein.
Dié foto is ongeveer in 1907 geneem. Café Riche, op die hoek, adverteer
Ihoma Lager Beer.
Café Riche
Die vraag is of daar ooit ’n oorslaapplek in die gebou was. Die amptelike
geskiedenis lui dat Café Riche in 1905 geopen het, daarna toegemaak het en
weer in 1994 heropen het na restourasie. Wat dit nie sê nie is dat dié gebou
blykbaar vir dekades lank ’n bordeel was.
Die gebou is opgerig op erf nommer 351 wat vir ’n geruime tyd in die besit
van President MW Pretorius was. In 1865 het hy die suidelike helfte van die
erf laat transporteer op die name van IM en MJ Prinsloo. Teen die einde van
die 1860’s het
Pretorius vir hom ’n
huis op die noordelike
gedeelte van die
erf nommer 351
gebou. Hy het in
1873 die noordelike
gedeelte van die erf,
tesame met die huis
aan William Skinner
verkoop vir ’n bedag
van £675.
Verder in die dorp
Destyds was daar nie baie hotelle in die res van Pretoria nie. Ons weet van
die Victoria Hotel by die stasie en die Fountain Hotel in Pretoriusstraat wat
ook maar ’n klipgooi van Kerkplein af was.
By die stasie
Die Stasie Hotel is in
1892 deur ’n mnr
Hambourg op die hoek
van Scheiding en Paul
Krugerstrate, tussen
die stasie en Kerkplein,
gebou. Dit was binne
gemaklike loopafstand
vir diegene wat met
swaar tasse moes
sukkel van die stasie af.
Vier jaar later, terwyl
Lord Roberts en sy
Britse troepe Pretoria
geannekseer het, is dié
hotel herdoop na die
Victoria Hotel.
Victoria Hotel
Oor die jare het die hotel agteruit gegaan maar is ’n ruk gelede gerestoureer
om die elegansie en sjarme van vervloë jare te reflekteer. Daar is 11 kamers,
elk met ’n badkamer, wat in Victoriaanse styl versier is.
Pretoriusstraat
Die dubbelverdieping Fountain Hotel is in Januarie 1989 voltooi en ’n
advertensie in ‘De Volkstem’ kondig aan dat daar vir 120 gaste in die
eetkamer plek is.
Fountain Hotel
Die foto is in ’n westelike rigting geneem in Pretoriusstraat. In die voorgrond
is Union Club, wat in 1882 geopen is. Die Fountain Hotel kan verder af in die
straat gesien word met sy stoep en balkon op die tweede vloer. Aan die
regterkant van die foto kan ’n mens sien dat die bouwerk aan die Ou
Raadsaal nog nie voltooi is nie. |