Oudste boom weer te siene Print E-mail
News - Briewe
Monday, 24 July 2023 08:00
Untitled Document

Betsie Steyn van Kleinfontein:
Hallo vanuit ’n vrek koue Kleinfontein – soos wat dit tans maar oral is. Bronkies, Rayton en ons het kapok gehad en die wind is ysig.

‘Oom Hannes grawe waarheid oor oudste boom oop’ in Die Bronberger van Junie 2022: Oom Hannes Opperman het my gevra om hierdie nuusbrokkie aan te stuur: Die man wat die huis in Silverton huur waar hy gebly het – dit is by die rugbyveld en die beroemde boom en grafte – het laat weet dat hy die verwaarlosing daar onder hande geneem het en alles daar weer mooi skoongemaak het.

Dit lyk glo pragtig en netjies. Die grafte en die boom kan nou weer gesien word. Oom Hannes sê dis ’n foto werd sodat mense kan sien hoe dit altyd gelyk het en nou weer lyk.

 

© 2024 Die/The Bronberger