Cullinanse krieketspan tree met triomf uit die stryd Print E-mail
News - Ons Mense
Wednesday, 18 November 2009 08:20
Untitled Document

Elsabé Maré

Cullinan se 0/11- krieketspannetjie het vanjaar besonder goed gevaar. Volgens Bennie Basson, sportorganiseerder van die Cullinan Gekombineerde Skool se junior afdeling, het hulle drie 0/9’s in hulle span, maar dit het hulle nie verhinder om die ander skole kaf te draf nie.

Hulle het klaargespeel met die Laerskole van Rayton, Witpoort en Kameelfontein om as streekwenners uit te tree. Op Donderdag 15 Oktober het hulle in die vierde uitdun teen Eduplex gespeel om die wenners van die buite-stadse kleinskoleliga te bepaal. Alhoewel hulle dit toe nie gemaak het nie, het hulle in ’n volgende rondomtalie rondte vir Fleur geklop.

“Hulle puik prestasie teen die stadskole het die outjies gemotiveer,” vertel Bennie. In die semi-finaal troef die spannetjie toe vir Bergsig en staan tweede in die liga. Spankaptein Brian Bouwer sê sy span het gees en hy hou daarvan om te boul.


Cullinan se 0/11-krieketspan by Bennie Basson, sportorganiseerder, en Sarel Minnaar, afrigter

 

© 2020 Die/The Bronberger