Het jy gehoor? / Have you heard? - Apr2023 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Friday, 21 April 2023 11:12
Untitled Document


’n Buitelewe ekspo, vliegtuie, ’n vee-uitstalling, OCSA hoenderskou, trekkers en implemente, ‘vintage’ trekkers en enjins, proteas, ’n tuinskou, mallemeule, kameelritte, ponieritte en miniatuur perdjies, ’n fotohoekie, tandem valskermspronge, motors en ’n museumuitstalling . . . dit is waarna besoekers aan die Pretoria Buitelug Ekspo en Fees kan uitsien. Die fees, van 29 April tot 1 Mei by Legends Avontuurplaas, Rhino Park op die R515, sluit ook ’n musiekfees in, verskeie kraampies, volop te ete, twee biertente, ’n kuns- en wyntent en gratis trekkerritte vanaf die parkeerterrein tot by die feesterrein. Fees-ure is die Saterdag van 9 vm tot 10 nm, Sondag van 8 vm tot 6 nm en Maandag van 8 vm tot 6 nm. Aanlyn-kaartjies is beskikbaar by pretoriafees.co.za/kaartjies en kos R190 vir volwassenes, R100 vir pensioentrekkers en R100 vir kinders van drie tot 12 jaar oud. Naweekkaartjies is beskikbaar vanaf R250. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


Park Acoustics is held at Foresters Pretoria from 10 am to 6.30 pm on 29 April at plot 60, Tierpoort. Spoegwolf, Matthew Mole and the duo Van Pletzen will perform, supported by Jozi’s good vibes guys, Easy Freak, Pretoria favourite, Bad Peter, Senna-Marie Bosman and MC, King Nqoba. There is a huge play area for children. General admission is R250, tickets for teens under 18 cost R150 and children under 12 pay R60 entrance. Tickets are available at plankton.mobi. Phone them at 071-484-1678.

~*~


Tierlantynkies Ontwerp- en Kosfees is van 26 April tot 1 Mei by die 3Ci-kerk, Saalstraat 56, Zwavelpoort. Meer as 120 uitstallers verkoop ’n verskeidenheid items, van juwele, klere en geskenke tot speelgoed en dekor-items. Kos- en deli-kraampies bied versnaperings en mense kan ’n glas wyn geniet terwyl hulle na plaaslike kunstenaars luister. Daar is volop vermaak vir die jongspan. ’n Eenmalige toegangsfooi van R40 is geldig vir ses dae. Kinders onder 16 jaar gaan gratis in. Die tye is van 9 vm tot 6 nm op die Woensdag, Donderdag, Vrydag en Saterdag en van
9 vm tot 4 nm op die Sondag en Maandag. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


Die Kaplyn, ’n musiekblyspel, word op 26 April en 21 Mei om 3 nm of 7 nm by AfriForum-teater opgevoer. Die Kaplyn (ook bekend as die Yati) was die grond tussen Angola en die destydse Suidwes-Afrika. Die blyspel vertel die verhaal van die Joubert-familie, generaal Ben Joubert en sy twee seuns, Ben Junior en Ruan, wat albei in 1980 gewerf is vir een van die weermag se elite-eenhede, 1 Valskermbataljon. Musiek en lirieke is deur Johan Vorster en Jacomien de Wet en die teks deur Jannes Erasmus en Johan Vorster. Die musiekregie is deur Francois Lessing en Johan Vorster. Kaartjies kos R350. Bespreek by afriforumteater.co.za. Die teater is in die Greenlyn Village-sentrum op die hoek van Thomas Edison en 13de Straat, Menlopark.

~*~


Die Protea Cullifest is op 27 en 28 Mei by die Nederduits Gereformeerde Kerk Premiermyn in Zonderwaterweg 12. Dié familiefees is ’n projek om fondse in te samel ten bate van die kerk en verdienstelike instansies wat hulp aan die gemeenskap verleen. Verskeie kunstenaars tree op, daar is kunsmark kraampies wat proteas en ander plante insluit, ’n pretpark, ’n bier- en wyntuin en volop te ete. Die Saterdag se program sluit sangers in soos Janie Bay, Ruan-Josh, Adam, Franja, Ruhan du Toit en Appel. Op die Sondag kan feesgangers luister na Sharoney, Piet Smit, Leah, Nicholis Louw en Fatman. Toegangskaartjies sluit alle optredes in en kos R100 vir volwassenes, R80 vir pensioentrekkers en R50 vir kinders tussen die ouderdom van ses en 12 jaar. Stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .

~*~


The Purely Pretoria Autumn Craft Beer Festival is back, this time at a new venue – the Hazeldean Brewing Co – on 6 May from 10 am to 6 pm. There will be live music from local artists Tian Nienaber, Swerwer, aka José Bezuidenhout, Zionruts Family and TBC, playing at two different areas. Attending breweries are Agars Brewery, Binary Brew Worx, Drayman’s Brewery, Hazeldean Brewing Co and OC BreweryConfirmed. Entry is R195 per person. The venue is about 400 meters from the Cowhouse in Ridge Road, Tyger Valley. Phone them at 072-650-9427.

~*~


Fijnwyn kos en wynfeeste vier hulle tiende verjaardag met ’n fees op 27 en 29 April by Shokran, plot 99, Luiperdstraat, Tierpoort. Die heel eerste Fijnwyn was op 1 Mei 2013 en oor die laaste 10 jaar is daar al in die 30 feeste aangebied met meer as 45 000 voete. Behalwe wynproe, kan besoekers smul aan disse by die kosmark terwyl hulle kyk na optredes van musiekkunstenaars. Kaartjies vir
27 April (van 10 vm tot 5 nm) kos R195. Kaartjies vir 29 April (10 vm tot 9 nm) kos R230. Alle kaartjies sluit ’n glas en wynproe in. Skakel 082-335-5659 of stuur ’n e-pos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it . Kaartjies is by iTickets.co.za beskikbaar.

~*~


CMR Silverpark is hosting its annual golf day on 26 May at the Cullinan Golf Club. The aim is to raise funds for the mental and emotional needs of children in need of care and protection. Enjoy a day full of fun and amazing prizes. The cost is R4 000 per four-ball and includes green fees, a golf cart, lunch and the prize giving. For more information, phone them at 012-734-8000 or 081-705-8722 or send an e-mail: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it or This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

~*~


‘Liewe Heksie vang vis’ met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl word op 6 Mei om 10 vm en 12 uur by Atterbury-teater aangebied. “Haai oe, dis vir my so lekker as ek ’n vis vang. Dan sing ek sommer ’n liedjie en die vis wil saam sing. Ek weet, want sy bek gaan so oop en toe. Of dalk gaap hy omdat hy moeg is, dan gooi ek hom terug en vang ’n nuwe ene.” Maar hoekom raak Koning Rosekrans se forelle dan minder? Is Levinia die skuldige of is die nare Geelheks ook weer in die prentjie? Kaartjies kos R130. Die teater is in Daventrystraat 4, Lynnwood Manor. Stuur ’n e-pos na This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 

© 2025 Die/The Bronberger