Liefdadiges staan saam om diere te help |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 November 2009 08:18 |
Untitled Document
Waar het jy nou al ooit gehoor daarvan dat
een liefdadigheidsorganisasie geld oorhandig
aan ’n ander een?
African Blessings, van die plaas Rustfontein buite
Bronkhorstspruit, het onlangs ’n bedrag aan Wet
Nose Dierereddingsentrum en die
Dierebeskermingsvereniging oorhandig om hulle
te help met die versorging van diere in
Desember.
Die oorhandigingseremonie het op Vrydag 30 Oktober
by die Mooikloof Kantoorpark geskied.
African Blessings reik graag uit na ander liefdadigheidsorganisasies
en glo daaraan om hande
te vat in pogings om mense en diere in nood by te staan.
Diegene wat by African Blessings se projekte betrokke wil raak kan die webwerf
www.africanblessings.co.za besoek.
 Van links na regs is Veronica van
der Merwe van die DBV, Rita
Edkins, voorsitter van African
Blessings, en Debbie Herselman van
Wet Nose Dierereddingsentrum
|
|