Mezzo-sopraan oorlede naby 100ste verjaardag |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 November 2009 08:17 |
Untitled Document
Tannie Annetjie Coetzee is
op Donderdag 22 Oktober,
knap drie maande
voor haar honderdste verjaardag,
oorlede.
Vroeër vanjaar het ons berig
dat tannie Annetjie, ’n mezzosopraan,
nog nootvas en
helder gesing het in haar
99ste jaar. Sy het van jongs af
in musiek belanggestel en het
studeer aan die Nasionale
Akademie vir Musiek op
Stellenbosch waar sy lisensiaat-
sertifikate in klavier en
sang ontvang het en in die
akademie-orkes as tjellospeler
opgetree het.
 Annetjie Coetzee
Tannie Annetjie het ook ’n diploma in toneelspel verwerf en
sy kon skilder, hekel, hoede maak, emaljewerk-, pottebakkers-
en houtsneewerk doen. Van haar werk is opgeneem in
die Nasionale Kultuurhistoriese Museum in Skinnerstraat.
Anna Maria du Plessis is op 30 Januarie 1910 in Rustenburg
gebore. Sy was getroud met Nicohlaas Abraham Coetzee en
hulle het twee dogters, Emmerenske Margaretha (Mieke) en
Francoise Christien (Franni).
Die begrafnis het Vrydag 30 Oktober uit die Paul Kruger Kerk,
Kerkstraat, plaasgevind. Die ter aarde bestelling was by
Sandfontein begraafplaas. |
|