Laerskool Tygerpoort hou Kersspel |
|
|
News -
Ons Mense
|
Wednesday, 18 November 2009 08:16 |
Untitled Document
Laerskool Tygerpoort het ’n reuse
Kersspel, waarin elke enkele
leerling van die skool betrokke
was, op 14 en 15 Oktober op die
planke gebring.

Die Graad 0?s se Dekker Fourie
kniel met die kruis terwyl die
engeltjies om hom ronddans
Foto?s: Karen Viljoen |

Mariné Moffat lei die groep in jubelende
bewegings
. |
Die revue, genaamd ‘Jesus Leef’, is
geskryf en redigeer deur Alta-Helene
Burger, ’n onderwyseres. Al die onderwysers
en ’n klompie ouers het
gesorg vir afrigting en choreografie.
Wat die Kersspel besonder gemaak
het, was die kinders se duidelike
genot en entoesiasme om deel te
neem. Die verhoog was kleurryk en
skouspelagtig, met helder en skeppende
kostuums, beligting en klank.

Dewald Pienaar en
Tanika Grobler beeld
Josef en Maria uit
met die junior koor se
lied ‘Palestina’s Velde’ |
 Danielle Grobler sing ?Like a candle flame? saam met die senior koor |
Die verhaal wat uitgebeeld is deur
toneeltjies wat die hele storielyn
bind tussen die singery en dansery,
speel af vanaf die tweede dag na
Jesus se kruisiging tot die derde dag
van opstanding.

Die junior koor
|
|