Petisie oor hospitaal vir gemeenskap Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 16 March 2023 10:32
Untitled Document

Dr Deon Lombard van die Raymed Mediese Sentrum wil die Departement van Gesondheid gaan sien om die Cullinan Sorg- en Rehabilitasiesentrum in ’n hospitaal te verander.

Hy nooi mense om ’n petisie by sy spreekkamer in dié sentrum in Treurnichtstraat te onderteken. Dr Deon was vir 10 jaar hoof van die sorgsentrum. Dit is op die oomblik ’n hospitaal vir gestremdes, maar volgens dr Deon is dit onderbenut en is daar meer as genoeg sale vir opnames en die stabilisering van siekes voor hulle na tersiêre hospitale oorgeplaas word.

Dr Deon sê dat daar ’n groot behoefte in die Cullinan-, Rayton-, Refilwe- en Onverwacht-gebied is vir ’n hospitaal.

“Ons is oop vir voorstelle sodat ons aan die werk kan spring en lewensvatbare studies saam met die Departement van Gesondheid kan doen,” sê dr Deon. Kontak hom by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of 012-734-4161.

 

© 2024 Die/The Bronberger