Ons verstaan die gronddamme in die Zwavelpoortspruit is ná die kwaai
reëns sommer baie geld werd. Want, sê ’n onstigde dameienaar, al die
bogrond van die kaalgestroopte ‘The Hills’ het in hulle damme beland. En
grond by ‘The Hills’ is glad nie goedkoop nie.
xxx
A couple of guys sat drinking at a Bronberg pub. Apparently the one
guy’s wife is an angel. His friend commented: “You’re lucky; mine is still
alive.” When the laughing died down, John said that many people have
asked him the secret of his long marriage. “We make time to go to a
restaurant twice a week. You know, candlelight, romantic music, dinner
and dancing. I go on Thursdays and she goes on Tuesdays.”
xxx
Ou Marius sê hy was nooit seker wat ’n “agtergeblewene” presies is nie
en hoe om só iemand te definieer nie. Maar toe tref dit hom eensklaps: “Dit is ’n ou wat op die stasie staan en wag vir die trein wat hy gister
afgebrand het.”
xxx
Nog ’n kleindogter van Prof Alkmaar en mev
Swart van Bashewa presteer. Anita Swart het
sewe hoërgraad onderskeidings met ’n gemiddeld
van 89% in die afgelope matriekeksamen
behaal. Haar sussie Marelize het in 2005 gespog
met ses hoërgraad onderskeidings. Anita was ’n
leerling van die Afrikaanse Hoër Meisieskool en
studeer nou fisioterapie by die Universiteit van
Pretoria. Dit is haar droom om eendag die Blou
Bulle onder hande te neem.

xxx
‘n Reuse advertensiebord, die Ingelse sou sê dis ’n ‘billboard’, het sy verskyning
langs een van Zwavelpoort se baie slegte, baie stil gatpaadjies
gemaak. ’n Bekende handelsbank brêg op die bord, wat herinner aan ’n
inry-skerm, met hulle aandeel in ’n grondtransaksie.
Nou, behalwe dat die monstrossetie
skielik die, tot-nou-toe, redelik
ongerepte omgewing oordonder, is dit
nie of die bank enige noemenswaardige
blootstelling gaan kry nie. Met die laaste
telling het daar so tien karre per dag op
die druiweplaaspad verbybeweeg. En dit
was meestal dieselfde twee wat daagliks
daar heen en weer moet ry.

|