Kersmark spreek armoede aan |
|
|
News -
Ons Mense
|
Thursday, 15 October 2009 23:50 |
Untitled Document
Die negende Gee Jou Gawe
Kersfeesmark word van Vrydag
13 November tot Sondag
22 November aangebied in die
Griekse Gemeenskapsaal op die
hoek van Lynnwoodweg en Roperstraat,
oorkant Tuks se hoofingang.
Op Vrydag 13 November om 6 nm
word ’n poppespel, geborg deur
Pierneef Teater, gehou. Almal is
welkom. Honderd minder bevoorregte
kinders van “Genadeplaas”
gaan dié aand met versnaperinge
bederf word.

Black Sheep Liquorice |

Horlosies word te koop aangebied |
Meer as 200 uitstallers gaan goedgekeurde
produkte uitstal wat daagliks
aangevul word. Daar gaan ’n
teetuin wees en veilige parkering
met motorwagte aan diens.
Gee Jou Gawe word ten bate van
liefdadigheid aangebied. ’n Nuwe
liefdadigheidsorganisasie word jaarliks
aangekondig en vanjaar is dit
Solidariteit Helpende Hand, wat die
armoede-vraagstuk aanspreek, se
beurt.
Dié instansie ontvang geen subsidies
of fondse van die regering,
Lotto of van enige ander organisasies
nie. Helpende Hand is daarom
afhanklik van donasies en debietaftrekkings.

?n Erna Basson Kersuitbeelding |

Katte van hout |
Omdat Helpende Hand
deeglik bewus is dat baie van hierdie
skenkings gemaak word deur
persone wat swaarkry ken of geken
het, beloof hulle om met integriteit
en op die mees koste-effektiewe
manier die fondse te bestuur tot
voordeel van die gemeenskappe
wat hulle bedien.
 
Dié twee Pierneef sketse is op die mark te sien
|
|