Zwavelpoort se Arabierperde en
hul ruiters het weer uitgeblink
by vanjaar se Internasionale
Pretoria Skou.
In Junie het ons berig dat Bronbergse
Arabierperdtelers ’n weghol sukses
gehad het in die Nasionale Arabierperd
Kampioenskappe in Parys,
Vrystaat. Dié keer het El-Passo
Stalle, Shiraz Arabiere en El-Samar
Arabiere weer stof in mededingers
se oë geskop.
 Rayno van Reenen op Tehama Thee Saracen
Shiraz Arabiere
Shiraz Arabiere van plot 36, Zwavelpoort
spog met Johan van Rensburg
en Appalanation wat aangewys
is as kampioen Engelse plesierryperd
en kampioen Engelse plesierenkeltuigperd.
Om El Shah-Dream het eienaar Viva
Durno baie trots gemaak met sy
eerste plek in die senior hingste
6-12 jaar in-hand kategorie en sy
vierde plek in die top vyf senior
hingste in-hand kategorie.
 Laura Archer op Hasan?s Anytime Baby
El-Passo Stalle
Laura Archer en Hasan’s Anytime
Baby van El-Passo stalle, plot 39,
Zwavelpoort is aangewys as reserwe
kampioen dresseerryperd, reserwe
kampioen nuwelingryperd en
reserwe kampioen ruiter.
Rayno van Reenen was die junior
Victor Ludorum kampioen met meer
as een perd.
Rayno en Tehama Thee Saracen was
ook die perd/ruiter kombinasie wat
nog ’n junior Victor Ludorum gewen
het. Dié twee het die volgende prestasies
behaal: reserwe kampioen
skoujagplesierryperd, kampioen
kind/juniorruiter ryperd, vyfde in die
top vyf ope ryperd-afdeling, en
derde in die top vyf ruiter-afdeling.
Serena Chlup en Mutazz Silver
Flame het twee eerste plekke, ryperd
vir nuwelingruiters en skouspogryperd
vir nuwelingruiters,
gekry en ’n tweede plek in die jagplesierryperd
vir nuwelingruitersafdeling.
Monique de Bruin en Mutazz Silver
Flame het twee vyfde plekke gekry
in die kinder jagplesierryperd (stap
en draf) en kinderryperd (stap en
draf) afdelings.
Tammy Kruger en Mutazz Silver
Flame was tweede
in die kinderruiter
(stap en draf) afdeling
en derde in
die kinder ‘country’
plesierryperd
(stap en draf) afdeling.
Dewald Malan en
Hammad Contessa
was tweede in die
senior volwasseruiter
afdeling en
vyfde in die ope
ryperd-afdeling vir
merries.
Gerhard Potgieter
en El- Passo Clariss was vierde in die
afdeling vir merrievullens tussen ses
en 12 maande.
 Monique de Bruin op Mutazz Silver Flame
El- Samar Arabiere
Chris Hartman en El- Jamani Zalique
van El-Samar Arabiere in Zwavelpoort
was die kampioen volwasseruiter
ryperd, kampioen skoujagplesierryperd
en reserwe kampioen
skouspogryperd.
Marisa Brink en Jamani
Silvern
Rashah was die kampioen kinder/
juniorryperd, vierde in die top vyf
ruiters, vierde in die top vyf ope
ryperd afdeling en vyfde in die
top vyf skoujagplesierryperd afdeling.
Zwavelpoort se Arabierperdtelers
wens ook vir Janelle Prinsloo en
Christelle Liebenberg geluk met
hulle plekke op die skou. |