Vier geslagte met dieselfde voornaam vier verjaardag Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 15 October 2009 23:43
Untitled Document

Elsabé Maré

Vier geslagte met dieselfde voorname het op die negende dag van die negende maand in die negende jaar na die draai van die eeu by die Pontsteens se huis in Cullinan verjaardag gevier.


Vier geslagte wat almal Hermina Klazina heet

Regs op die eerste foto sit oumagrootjie Hermina Klazina van de Kamp. Sy is op 19 September 1929 in Holland gebore as ’n nooi Pelleboer en haar noemnaam is Mieke.Langs haar sit ouma Hermina Klazina Pontsteen. Sy is op 9 September 1956 in Holland gebore as ’n nooi Van de Kamp. Haar noemnaam is Hermien.Langs haar sit ma, Hermina Klazina Beytell, in Pretoria gebore as ’n nooi Pontsteen op 25 Junie 1982. Haar noemnaam is Mieke. Op haar skoot sit haar dogter, Hermina Klazina Beytell, gebore op 17 Maart 2004 in Pretoria. Haar noemnaam is Emma.

Die familie bly sedert Desember 1973 in Suid-Afrika en van 1980 op Byenespoort buite Cullinan. Pa Peter Pontsteen het in 1984 by die Premier Diamantmyn, vandag bekend as Petra Diamante, op Cullinan begin werk.


Van links na regs: Oupa Peter Pontsteen, ouma Hermien Pontsteen, oumagrootjie Mieke van de Kamp en oupagrootjie Harm van de Kamp.

 

© 2020 Die/The Bronberger