Bronbergse ruiters pak epiese tog deur Namakwaland Print E-mail
News - Ons Mense
Thursday, 15 October 2009 23:42
Untitled Document

’n Groepie Bronbergers en hul perde het ’n epiese tog deur die Namakwalandse blommeveld en berge aangepak en vol entoesiasme vir toere deur die res van ons land teruggekeer.

Theus Badenhorst, Erica Prinsloo, Rina Dreyer, Wilna Meiring en Suney Du Toit het in vyf dae 210 km afgelê op ’n soms onbegaanbare roete vanaf Springbok tot by Hondeklipbaai se Weskus-see. Hul roete het hul deur twee Namakwalandse parke geneem, die Goegap Nasionale Park teenaan Springbok, en die Namakwa Nasionale Park, tussen Springbok en Hondeklipbaai, en ook dwarsdeur die Wildeperdehoekpas se berge waar hulle in een stadium 7 km te voet langs hul perde moes aflê.


Di foto van Bronbergse ruiters, Theus, Wilna, Rina, Suney en Erica lyk of dit uit die wilde weste dateer, behalwe vir die moderne plastiekstewels aan Theus se perd se hoewe en die veiligheidshoede. Dit is by die Namakwalandse Mesklip karavaanpark en restaurant digby die N7, buite Springbok geneem.
Foto?s: Theus Badenhorst

Die plan vir dié epiese tog het begin toe Theus, van die plaas Ekoland langs Lynnwoodweg-verlenging in Tierpoort, maande gelede vir Erica, ’n kliënt van hom, belowe het dat hulle die Namakwalandse trippie sou doen.

Die aanvanklike plan was dat Theus en Erica sou perdry en dat Theus se vrou, Heila, die trok en vyf-perdsleepwa sou bestuur en dat hulle tweejarige dogtertjie en sesjarige seun sou saamgaan.


Kilometer volg afgele kilometer in die Wildeperdehoekpas en al wat die stilte breek is die geblaf van ?n enkele bobbejaan rens op ?n klip. Theus s elke keer as die ruiters gedink het dat die einde in sig is, sien hulle net hoe die pad oor nog ?n berg se kruin kronkel.

Namate die tyd naderstap kom nog twee Bronbergers, Wilna en Rina, by en nog later Suney en haar poon. Hulle het besluit dat Theus se ma, wat naby Douglas boer, die lorrie en sleepwa sal bestuur en Heila en die kinders kry die sleutels van Wilna se splinternuwe Fortuner.

So is dit toe dat Theus man alleen tussen sewe vrouens en vier merrieperde in ’n blomtuin so groot soos België beland. Hy sê dis hoekom hy besluit het om sy ou reunperd, Rodan, saam te neem in ’n poging om die balans tussen die geslagte te herstel.


Op Hondeklipbaai ry Rina ?n rukkie op Wilna se perd vir ?n mooi strandfoto. Haar eie perd, Matilda, is bang vir die see.
.
.

Theus se ma, wat naby Douglas boer, is aangestel as drywer omdat sy ?n lorrie en vyf-perd sleepwa in trurat om ?n draai kan dryf soos min mense. Di lorrie en sleepwa het aan die einde van elke dag vir die ruiters gewag.

Hulle het Vrydagaand 28 Augustus uit Bronberg-wêreld vertrek, omdat dit beter is vir perde om in die nag vervoer te word, en het die trok gelaai met ekstra voer, perdetoerusting, ’n 1 000 liter watertenk, ’n 20 liter emmer-toilet, tente en ’n kampstort.

In die daaropvolgende paar dae het hulle die gasvryheid van die Namakwalanders, die asemrowende skoonheid van die blom- en bergwêreld tussen Springbok en die see, seer lywe en die genesende kragte van rooiwyn leer ken.


Die Bronbergers se epiese tog van Springbok tot Hondeklipbaai het die blommeseisoen se stertkant getref. Theus s dat die beste blomme teen daardie tyd al aan die verbygaan was, maar dat hulle nie van beter geweet het nie en elke ou vygie en spinnekopblom waardeer het.

“Ten spyte van die feit dat dit byna simpel is om perde so ver te vervoer, is die herinnerings prysloos en die ervarings oor en oor die moeite werd,” sê Theus. “Ons volgende perde-tog gaan in die Oos Vrystaat naby Clocolan wees.”

 

© 2020 Die/The Bronberger