’n Familie pret- en markdag word op
Saterdag 31 Oktober aangebied om
die opening van De Haven Oost se
Diereplaas, ‘KidzPlayHaven’ en nuwe
kwekery te vier.
Vir die kinders gaan daar perderitte,
perdekarritte, kompetisies, ’n waterglybaan
en hansworse wees. Terwyl die
kinders besig gehou word, kan die ma’s
gaan vir ontspannende massering, kyk
na juwele, klere en ondergoedjies en
kaas en wyn proe.
Die pa’s kan gaan deelneem aan die
whiskey-proe en kyk na uitstallings van
4x4 benodigdhede en veteraan voertuie.
Eetgoed bestaan uit skaapkop op bestelling,
afval met stampmielies, ‘runaways’
met growwe mieliepap, kaiings
en pap, skaapstertjies met mieliepap,
tuisgebakte brode, boerewors rolle en
hamburgers.
Uitstallers is welkom om stalletjies te
bespreek vir dié dag. Bel vir Nikita by
071-671-5176 of vir Retha by
082-490-7373.
De Haven Oost is 12 km van Pretoria op
die N4 Oos. Neem die Rayton/Cullinanafrit,
draai links en dan weer links by
die vierrigting stopstraat op die ou
Bronkhorstspruitpad en kyk uit vir die
sinkpilare en oranje potte.
 Ingang na die Familie Pret- en Markdag
|