
Die Valleipartei en Kinderkarnaval is op 27 Augustus van 8 vm tot laat by Valleisig-gemeente op die hoek van Tipperary- en Mayostraat, Faerie Glen. Daar gaan ’n wynveiling en rissie-eetkompetisie wees asook ’n potjiekoskompetisie, ’n verskeidenheid koskraampies en trompoppies. Die Kinderkarnaval spog met ’n spookhuis, kaskarre, fietsies, ponies, plaasdiere, skyfskiet, gesigverf, ’n tombola, springkasteel, ‘Amazing race colour run’ en kinderskattejag. Skakel 012-991-1542.
~*~

Die Bos Boogie Musiekfees word van 1 tot 4 September in Rifweg naby Roodeplaatdam gehou en feesgangers kan luister na sangers soos Dan Patlansky, Wonderboom, Koos Kombuis, Jan Blohm, Bacchus Nel en Shotgun Tori. Naweekkaartjies kos R550. Dagkaartjies vir die Vrydag en Saterdag kos R290 en vir die Sondag R190. Kaartjies is by Quicket.co.za of bel Jan-Hendrik: 082-886-4526.
~*~

Die Gauteng-Noord Simmentaler-veiling is op Saterdag 27 Augustus vanaf 11 vm by die Willem Prinsloo Landboumuseum op die Ou Bronkhorstspruitpad. Dertig bulle en tien vroulike diere word opgeveil. Vir volledige besonderhede, besoek www.bkb.co.za. Bel Rocco van Rooyen: 082-799-2776 of Moolman Mentz: 083-229-2500.
~*~

An art and creativity book and book writing convention is held on 18 September from 10 am at Riverside Castle, plot 204, Graham Road, Zwavelpoort. It is for all book lovers, authors, book cover designers, book illustrators, ghostwriters, teen-writers and the self-published. Book writing and design workshops and competitions will be held. Entrance is R300 and includes snacks. Phone the organizers at 012-809-2676.
~*~

’n Duitse bierfees word op 10 en 11 September, daagliks van 10 vm tot 6 nm, by die Premiermyn Hervormde Kerk gehou waar Zonderwaterweg by die R515 aansluit. ’n Oempa internasionale orkes tree daagliks van 12 nm tot 6 nm op in die biersaal. Hofbrau van München verskaf die bier en kraampies bied eetgoed, kuns en handwerk. Kaartjies is by www.quicket.co.za beskikbaar.
~*~

‘Afrikaans in Styl’ word op 27 Augustus by die Sunbet Arena, Time Square, Aramistlaan 209, Menlyn Maine gehou. Stef Bos, Karen Zoid en Nataniël deel die verhoog, elkeen met sy eie konsert-binne-’n-konsert. Kaartjies kos van R450 tot R690 en is beskikbaar by www.seatme.co.za.
~*~

BusStop 7 het ’n 2 km, 5 km en 10 km pretdraf of -stap op 27 Augustus. Groep registrasie is van 6.30 vm tot 7 vm en groepe begin om 7 vm draf of stap. Individue begin vanaf 7.10 vm tot 8 vm. Skryf in by www.revolutiontrails.co.za. Skakel 083-264-3931. BusStop 7 is op die hoek van Duiker- en Foxtrotstrate, Mooikloof Heights.
~*~

Friends of Serene Valley are cleaning up litter on Saturday 27 August along the Constantia Spruit from Velddrift Street down to where it joins the Moreleta Spruit off Serene Street. Meet at the Lola Avenue gate at 8 am. On Saturday 3 September the Friends will work to eradicate invasive alien vegetation on a koppie in front of Oostvallei so that the indigenous trees can flourish. Meet at 8 am for 8.30 am at the pedestrian bridge between Kentia and Gilda Streets. |