So tref Saterdag ons. En die rustigheid van die oopte, vertel ou Charles Thompson nou die anderdag.
En toe skielik die kabaal by die hek! Met voortydige verontskuldiging . . . die uwe is nie bekend as ’n drinker nie, dus ek vertel dié met die nodige nugtergeit, sê Charles.
Daar staan ’n trok by my hek wat na die groot openbare grondpad lei: Met twee oranje ligte op die dak wat draai. Soms, met uiterse geluk, sien jy só voertuig, soms, net soms, in Pretoria en distrik.
Carles se fontein het die grootpad oorgesteek
Ek stap nuuskierig af en die skrif is aan die muur. Of die deur. City of Tshwane staan dit geskrywe, vertel ou Charles.
’n Bleek mannetjie en ’n baie groot donkerder een wag my in. Sopnat. Hulle het behoorlik in die modderwater rond geplas.
Charles Thompson (regs)
Sedert die groot reëns het my fontein uit sy gewone nate gebars en rivier se koers oor die openbare pad gekry na my omgekrapte buurman se grond.
Ja?
Mirrag, Meneer. Ek is van die waterlekkasie en herstel afdeling van die stadsraad.
En?
Daar is gerapporteer dat ’n waterpyp gebars het.
Ja? (Moeilik om my lag te beheer.)
Meneer, waar is die gat? Ons is hier om te herstel. En weet u dalk waar die kraan is? Die stadsraad kan nie die verlies hanteer nie.
Gaan hier om na my buurman. Die fout lê daar. Hy steel water. Die skelm las het seker daar gepop.
Leser, jy moet onthou . . . dis fonteinwater. Geen stadsraadwater of pype nader as 10 km van my af nie sê Charles.
Ek lag en vertel die ou dit. Hy kyk my ongelowig aan. Sy groot kollega skud sy kop.
Ek glo meneer nie.
En aan sy kollega: Kom, Fla. Die man lieg. Kom ons gaan soek die buurman.
Nannies copella true’s koekies dit het net so gebeur, het Charles vertel. |