Het jy gehoor? / Have you heard? - Okt 2009 Print E-mail
News - Het Jy Gehoor
Thursday, 15 October 2009 23:12
Untitled Document

Bashewa, Tierpoort, Rietfontein en Grootfontein se ‘Plot/Crime Watch Forum’ het ’n nuwe bladsy waar ’n mens na weerstoestande kan kyk. Besoek www.bashewa.com. Daar kan jy ook kyk na ’n ultravioletstrale indeks en ’n skaal van brandgevaar. Die weerblad is toeganklik vir almal, maar misdaadinsidente kan net deur ingetekende inwoners van die gebied gesien word. Die webtuiste is ontwerp deur Rainer Finkeldeh. Om aan te sluit, bel hom by 012-811-0134.

xxx

Klipkop Conservancy reports that the Development Facilitation Tribunal is going to be in contempt of the Supreme Court. The ongoing clash between the conservancy and a neighbouring developer has been aired in a Development Facilitation Tribunal, which decided in favour of the developer on 23 September, with reasons to be published at a later date. However, the conservancy reports that on 22 September the Supreme Court of Appeal handed down a decision finding chapters 5 and 6 of the Development Facilitation Act unconstitutional and that all development facilitation cases cease and no further findings be issued for a period of 18 months.

xxx

Ons hoor ’n sekere bekende ruitervrou van Zwavelpoort het haar verjaardag behoorlik gevier met ’n groot opskop op haar rivierplot. Na verneem word was almal en wie nog daar om die dekade se draai met haar te deel. Dit is glo nie duidelik presies watter dekade gevier is nie.

xxx

Kriminele klagtes gaan nou teen etlike amptenare van Kungwini gebring word nadat verskeie voorvalle van bedrog en korrupsie weer oopgevlek is. Dit lyk of die dae van blote dissiplinêre stappe, ’n rapsie oor die vingers of gedwonge bedankings, eindelik iets van die verlede is. Verlede maand het ons berig dat Rugby-legende, Jan Ellis, die afgelope 24 jaar op sy Nooitgedacht-plot buite Rayton woon en werk. Jan het laat weet dat die gebied eintlik bekend staan as Kaalfontein, maar dat mense die plek in elk geval gekry het. Ons hoor dat die veilings wat gehou is ná die artikel oor Jan uitgekom het, skielik baie meer voete gesien het.

xxx

Die eerste streepswaeltjies van die nuwe lente het vanjaar op 6 September in die poort van Zwavelpoort aangekom. Volgens ’n ou inwoner is dit min of meer ‘op skedule’ hoewel hulle verlede jaar vroeër was.

xxx

Belinda Smith and Elmie Castleman of Mooipaats are moving to Swartruggens. The community thanks them for all they have done in making the area safer for us all; especially Belinda’s tireless secretarial commitment to the Boschkop Community Policing Forum and Mooiplaats Safety Initiative. They will be sorely missed.

xxx

Groot planne word op die oomblik gemaak om die Bronberg se eie ‘wynroete’ op die been te bring. Nou hoor ons dat die verskil tussen Kaapse wynroetes en die Bronberg s’n daarin gaan lê dat die plaaslike een baie minder rywerk gaan verg. Hier plaaslik gaan al die landgoedwyne te wete sommer op een plaas langs Lynnwoodweg-verlenging gevestig word.

xxx

Dit gaan sommer baie beter met die gebied se bekende en beminde restauranteur, Nico Breytenbach, nadat hy verlede maand ’n hartomlyningsoperasie ondergaan het. Nico is weer op sy pos by Kitty Hawk se klubhuis en na verneem word pla die klein pers Volkswagentjies ook nie meer nie.

 

© 2024 Die/The Bronberger