Kabel-boewe op heterdaad betrap Print E-mail
News - Aktueel
Monday, 20 June 2022 08:11
Untitled Document

Vyf verdagtes is op 16 Mei op heterdaad betrap toe hulle besig was om kabels langs die treinspoor op Elandshoek uit te grawe.

Lede van die Cullinanse Polisiestasie en SAPD Misdaadvoorkoming het ’n wenk gekry dat mense besig was om kabels te steel. Polisiewoordvoerder, sersant Connie Moganedi, het gesê dat die vyf verdagtes, tussen die ouderdomme van 20 en 40 jaar, in hegtenis geneem is vir die sabotasie van noodsaaklike infrastruktuur.

Hulle het in die Cullinanse landdroshof verskyn op aanklag van die oortreding van afdeling 3(1) van Wet 18/2018 van 2015.

Die gemeenskap word gevra om skade aan infrastruktuur aan te meld omdat dit ons kinders van hulle toekomstige erflating beroof en die land se ekonomie negatief beïnvloed.

 

© 2024 Die/The Bronberger