Lokval in dorp verwoes bande |
|
|
News -
Aktueel
|
Monday, 20 June 2022 08:08 |
Untitled Document
’n Voertuig se bande is om 8.30 nm op 29 Mei verwoes in ’n lokval wat met skerp voorwerpe net voor die brug oor die R515 in Rayton gestel is.
Die Cullinanse Gemeenskappolisiëringsforum (GPF) het laat weet dat die insittendes veilig by die Engen-vulstasie aangekom het, maar net baie geskok was.
Die voertuig se bande is op die R515 binne in Rayton verwoes
Foto: Verskaf
Op 26 Mei teen 7.20 nm het ’n voertuig deur skerp voorwerpe gery op die N4-Oos snelweg naby die Donkerhoek-afrit in die rigting van Bronkhorstspruit. Verskeie skote is op die slagoffers afgevuur, maar hulle beserings was gering.
Die SAPD, Metro-polisie, GPF reaksiespan, Trac en private sekuriteitsgroepe het reageer en was gou op die toneel.
Die Boschkopse GPF het motoriste gewaarsku om bedag te wees op skerp voorwerpe in die pad en om nie te stop as hulle bande beskadig word nie. Meld dié voorwerpe aan by die SAPD, GPF of jou sekuriteitsmaatskappy. |
|