Gemeenskap bid vir optrede teen misdaad PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 15 October 2009 21:07
Untitled Document

Elsabé Maré

Twaalf kerke uit die Cullinan, Rayton, Kameeldrif en Refilwe distrikte het op 16 September by Cullinan se rugbyveld byeengekom om gesamentlik te bid vir ‘Aksie Laat Lewe’. Wit en swart kerke in die omgewing het die aksie tot stand gebring uit protes teen die moorde en ernstige aanvalle die afgelope jaar in dié gebied.


Deelnemers aan die Christelike Aksie Laat Lewe

Ds Tienie de Bruyn van die NG Gemeente Premiermyn het gesê dis noodsaaklik dat almal moet saamstaan en optree teen misdaad in die omgewing voor dit ’n krisispunt bereik. Die boodskap is deur ds Alfred Mathebedi van die Verenigende Gereformeerde Kerk Refilwe ondersteun. Ná die gebeddiens het die gemeenskap opgemars na die Cullinan Polisiestasie waar hulle ’n memorandum aan direkteur Welcome Kweyama, groepshoof van die plaaslike polisiegroep, oorhandig het.

In dié memorandum bevestig hulle die krag verkry uit gebed, maar versoek dat president Jacob Zuma moet ingryp en stappe neem om aanvalle te keer, oortreders te arresteer en volgens landswette te hanteer.


Leiers van 12 kerke en ander Christelike organisasies uit die Cullinan-omgewing is hier verenig in ’n gebeddiens

 

 

© 2019 Die/The Bronberger