Plaasaanvalle eis nog lewens PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 15 October 2009 21:05
Untitled Document

Twee plaasaanvalle binne 24 uur het twee lewens in die omgewing geëis.

In beide gevalle het die rowers in die vroeë oggendure by die huis ingekom en direk na die slaapkamer gegaan waar hulle eers die man oorval het.

In beide gevalle het die rowers nie veel meer as ’n skootrekenaar of selfoon buitgemaak nie.

Isabel Schonken is die naweek van 26 September by Klipkop doodgeskiet deur rowers. Haar man, Lars, is in die bolyf geskiet, en sy skedel en gewrig is gebreek toe die rowers hom aangerand het.

Volgens Isabel se suster, Klipkopinwoner Héléne Rumsey wat naby die Schonken-egpaar woon, het rowers ’n elektriese heining wat om die plot gespan is stukkend geknip. Hulle het deur ’n oop glasdeur by die huis ingekom en Lars in die slaapkamer oorval.


Leon Rumsey op die toneel nadat sy suster, Isabel Schonken, by Klipkop in ?n plaasaanval vermoor is
Foto: Beeld

Isabel het in die sitkamer voor die televisie aan die slaap geraak en het wakker geskrik toe hulle Lars skiet. Sy het in die badkamer probeer wegkruip waar hulle haar gekry en doodgeskiet het.

Die polisie het ’n bloedspoor tot by ’n grondpad naby die plot gevolg waar die verdagtes moontlik in ’n voertuig geklim en gevlug het. Hulle is daar weg met Isabel se handsak en selfoon en Lars se skootrekenaar.

Die 18-jarige Sheun Anderson is Vrydag 25 September in die vroeë oggendure op ’n kleinhoewe by Wag-’n-bietjieskop, buite Bronkhorstspruit, doodgeskiet en sy pa, Robert, is twee keer in die maag gewond.

Robert is, net soos Lars, in die vroeë oggendure in die slaapkamer geskiet. Blykbaar het die inbreker deur die Andersons se kombuisvenster ingekom en reguit na die hoofslaapkamer geloop.

Die inbreker het langs die bed gestaan en Robert twee keer in die maag geskiet sonder om iets aan sy vrou te doen. Hul seun, Sheun, het wakker geword van die skote en is na sy ouers se slaapkamer toe. Hy het die rower in die gang gekry, ’n gestoeiery het uitgebreek en ’n tweede rower het Sheun van agter in die bolyf geskiet. Net ’n skootrekenaar word vermis.

 

© 2019 Die/The Bronberger