Leserslens Mei 2022 Print E-mail
News - Rubrieke
Tuesday, 24 May 2022 09:09
Untitled Document

In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in 'n uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.


Wolk en blou hemel se weerkaatsing in dié waterloop soos deur die fyn oog van Laurika van der Linde vasgevang


Die spinnekop wat die tregter aangepak het, is duidelik nie ’n beginner nie, meen Liezel Yssel


Johann van der Linde het dié buitengewone foto van ’n besige bytjie geneem


Vroegoggend ná nog ’n nag van reën op Grootfontein. Jolandie Germishuys het die foto geneem


Die son speel op die klein blommetjies wat Nadine du Toit in die veld raakgeloop het


Die eensame boompie op Boenhoutskloof wys dat die natuur ook hier sy herfskwas kom swaai het
Foto: Altie Potgieter


Albert Bester het die perfekte eenvoud van ’n vlinderbos-blommetjie met dié foto vasgevang


Deur haar loergaatjie sien sy hoe die son gaan slaap, sê Louis Maré Pretorius


’n Tipiese veldpaadjie in die gebied soos in April deur Hilda de Bruyn afgeneem


Hy het in die veld gaan stap toe hy op hierdie vreemde, bykans herfskleurige sampioene afkom,
sê Eus de Clerk


Marica Loock het haar dogtertjie, Juanien, tussen die kosmosse op die
Kleinfontein-hoewes afgeneem


Aalwyne was eens op ’n tyd vir haar maar net nog ’n wintersvetplant, sê `Alet Erasmus. Tot ’n paar jaar gelede toe sy besef het dat dit nie net ’n winterplant is nie. Daar is soveel mooi in aalwyne; hulle blomknoppe wat letterlik ontluik tot warm oranje-rooi, later geel en sorg vir nektar vir bye
en die suikerbekkies


Kobus Combrinck sê hy het die volmaan in April sommer so onder die boom afgeneem terwyl hulle op sy swaer se plaas in die De Tweede Spruit-omgewing gebraai het


Marinda Smal het nog ’n skemering in die gebied vasgevang 


Breëbors en amper uitdagend sit dié gevlekte lyster en kyk hoe Albert Bester hom onder die
lens se skoot kry


Die natuur se mooi met veld, blou lug en wattewolke soos op Vierkleur, Elandshoek deur
Buks Barnard afgeneem

Untitled Document
 

© 2024 Die/The Bronberger