Tien jaar tronkstraf vir spoorstawe-dief |
|
|
News -
Aktueel
|
Tuesday, 24 May 2022 08:47 |
Untitled Document
Een van die vyf mans wat in Mei verlede jaar spoorstawe by die Rayton-treinstasie gesteel het, is op 7 April vir 10 jaar tronk toe gestuur.
Die 20-jarige Thabang Matibiti was in ’n skietery met veiligheidswagte by dié stasie betrokke en is in hegtenis geneem. Hy is gevonnis vir die oortreding van Artikel 3(1)(a) Wet 18/2018 van 2015 vir die peuter met en beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur.
Vyf mans is destyds betrap toe hulle spoorstawe gesteel het en ná ’n verdere ondersoek deur sersant Mgwenya en sy span is nog twee mans in hegtenis geneem.
Kaptein Christiaan Gertzen, waarnemende bevelvoerder van die Cullinan-polisiestasie, het gevra dat lede van die publiek moet voortgaan om inligting te verskaf oor misdadige aktiwiteite wat tot skade aan die ekonomie of veiligheid van die land se burgers kan lei. |
Untitled Document
|