Reuse diamant in Cullinan ontdek PDF Print E-mail
News - Aktueel
Thursday, 15 October 2009 20:59
Untitled Document

Een van die 20 grootste hoë kwaliteit diamante wat nog wêreldwyd gevind is, is op 24 September by die Cullinan Diamantmyn uitgehaal Die wit diamant het ’n gewig van 507.55 karaat. Die knewel is gekry saam met drie ander diamante van onderskeidelik 168, 58.50 en 53.30 karaat.

Die grootste diamant ter wêreld, die Cullinan diamant, is in 1905 in die myn gekry. Dit het ’n allemintige 3 106.75 karaat geweeg. Verskeie diamante is daaruit geslyp en vorm vandag die Britse kroonjuwele. Die grootste hiervan is ’n geslypte diamant van 530.2 karaat wat bekend is as die Ster van Afrika en een van 317.4 karaat.

Dit is destyds vasgestel dat die Cullinan diamant ’n afgebreekte deel is van ’n klip wat meer as twee keer so groot in sy oorspronklike vorm was en dat die ander, groter deel nog ontdek moet word.

Cullinan is ook die plek waar die grootste geslypte diamante in die wêreld, die ‘Golden Jubilee’ teen 755 karaat rof en 545.67 geslyp, in 1985 ontdek is.

Johan Dippenaar, Petra Diamante se hoof uitvoerende beampte, wys di 507.55 karaat wit diamant.
 

© 2019 Die/The Bronberger