Sonde met die bure PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 15 October 2009 20:48
Untitled Document

“Groen Skerpioen” Dries van Bashewa skryf:
Briefskrywer-egpaar Esme en Paul Fick van Bashewa: “Green Scorpions” en “Dankie vir die hond” in Die Bronberger se Augustus en September uitgawes.

Hierdie egpaar wil vuil wasgoed in Die Bronberger kom was. Dit is onwelriekend met wanvoorstellings, sarkasme, onkunde en gebrekkige oordeel en skend myns insiens die integriteit, karakter en gemeenskap- waardetoevoegingstatus van die gerespekteerde Bronberger se briewekolom. Wat bereik hulle nou eintlik daarmee?

“Buurvrou” wees dankbaar jou hond is nie doodgeskiet soos wat voorheen met ander vredeliewende Boerboel-honde op die perseel gedoen is nie. Vra maar die SAP as jy wil weet. Hulle is daar ook bekend. Om op hierdie egpaar se skrywes te antwoord moet jy daal tot ’n vlak wat nie die karakter en beeld van

Die Bronberger en sy lesers komplimenteer nie. Celeste van Swaeltjie het reeds met wysheid vir Paul voldoende op ’n ordelike raakvat wyse geantwoord. Die woord van iemand wie wysheid het, vind byval! Sy benut gesonde sosiale oordeel om beskaafd vir Paul deeglik in sy stootwaentjie met fopspeen terug te plaas.

Minstens ontken hy nie dat hy brandbare boommateriaal op die sypaadjie gestapel het nie. Dit bied egter nou ’n digter en beter skuilplek as voorheen vir boewe ten aansien van beide homself en sy buurman oor die straat se in- en uitgaan.

Hy ken jammerlik nie die verskil tussen wattel en grys acacia en die grens tussen hom en die sypaadjie nie. Dennebome is ook nie geklassifiseer as indringerplante nie.

Moet die munisipale belastingbetaler nou betaal om hierdie stortings te laat verwyder? Prediker 10: “Die dwaas vernietig homself met wat hy sê.” Dit sal lonend wees om so ’n roete te vermy en eerder op waardetoevoeging in die gemeenskap te fokus.

 

© 2019 Die/The Bronberger