Dankie, Bassek PDF Print E-mail
News - Briewe
Thursday, 15 October 2009 20:45
Untitled Document

Anton Jacobs van Tiegerpoort skryf:
’n Woordjie van waardering aan Bassek. Dankie aan Piet en Tina van der Merwe vir jul puik sekuriteitsmaatskappy.

Ek het op 16 September om 2 uur die nag langs Lynnwoodweg gaan staan sonder brandstof. My enigste hoop was Bassek.

Ek het onmiddellik hulle patrolliemotor geskakel met my probleem.

Leon was aan diens en het my te hulp gesnel met twee liter diesel, tien minute na my oproep. Hy het ook agter my aangery om seker te maak ek is veilig tuis. Baie dankie, Leon en jou maatskappy. Ek voel veilig met mense soos julle wat ons gebied beveilig en om te weet ons kan op julle staatmaak.

 

© 2019 Die/The Bronberger