In ‘Leserslens’ plaas ons foto’s wat die aard en gevoel van die Bronnie se verspreidingsgebied uitbeeld, soos gesien deur die lens van ons lesers. Jy is welkom om jou foto’s te stuur aan
This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
of om dit op ons Facebook-blad te plaas. Beskikbare ruimte bepaal hoeveel foto’s ons in ? uitgawe kan gebruik. Ons bêre alle foto’s en poog om soveel moontlik in opvolgende Bronnies te publiseer.
Laurika van der Linde het dié uitsonderlike toneel met sonsondergang in die gebied vasgevang
Rita Koster het haar kleindogter, Anja Koster, by die gesin se dam op Bashewa voor die lens gekry
Eus de Clerck het ’n rodeo op Nuwejaarsdag in die omgewing bygewoon. Daar, sê Eus, het hy gesien dat ’n T-been nie altyd stilstaan op sondermeer gebraai te word nie . . .
Louise Marè Pieterse van Mooiplaats het dié laaste sonsondergang van 2021 oor die
gebied afgeneem
`Alet Erasmus van Kleinfontein sê die kolganspaar het voor ’n stewige reënbui vlak langs hulle huis kom sit en ewe mak deur die reën daar vertoef
Linda Skarabis het dié flamink by die Pretoriase Dieretuin afgeneem
Leana Reichel het dié treffende foto in Rayton se omgewing uit haar motor geneem
Daar kom selde iemand doer in die hoek van die boonste kamp, sê Buks Barnard oor sy grond op Elandshoek, maar al is daar niemand om hulle te sien en te waardeer nie, lyk hierdie wilde blommetjies so mooi as wat hulle kan
Dié swartkeel-geelvink, wat deur Albert Bester afgeneem is, wys presies hoe oordadig
geel kan wees
Skapie, die hans huishennetjie van Buks Barnard van Elandshoek, se kroos word groot en is al amper ewe hans. Hier deel Krisjan, Buks se kleinseun, ’n beskuitjie met Lammetjie terwyl moeder Skapie toekyk
Daleen Small van Tweedracht se bokkinders baljaar vir oulaas voor die son ondergaan
Poumannetjies pronk met hulle pragtige kleure op ’n hoewe buite Cullinan
Foto: Linda Skarabis
Leonie Gunter Kraft meen dié ry bome op Boschkop lyk of hulle netjies in gelid voor die indrukwekkende wolkformasie plek ingeneem het
’n Sebra geniet die oggendson op Kleinfontein
Foto: Linda Skarabis
Die trotse mamma voer een van haar kuikens. Fotograaf Jana Du Plessis van Garsfontein sê dat dié mamma twee babas in die nessie het
Dié donker reënwolk het ’n venstertjie oopgemaak vir die son om vlugtig oë te wys. Marinda Smal het dit afgeneem
|