News -
Ons Omgewing
|
Saturday, 22 January 2022 06:13 |
Untitled Document
Die Bronkhorstspruitdam loop oor. Karen Yssel, voorsitter van die Cullinanse Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het op 7 Januarie ’n vloedwaarskuwing, soos ontvang van die Bronkhorstspruitse AfriForum-tak, uitgestuur.
Dié foto deur Liza Labuschagne wys hoe die Bronkhorstspruitdam op 7 Januarie oorloop
Boere en ander inwoners langs die rivier is gevra om die gebied te ontruim en na hoër liggende dele te vertrek sodat hulle nie deur die vloedwater vasgekeer word nie. Boere is gevra om pompe uit die rivier te verwyder en om diere ook na hoër-liggende gebiede te ontruim.
Verskeie inwoners van die omgewing het daardie dag gaan kyk hoe die dam oorloop, video opnames is gemaak en inwoners soos Francois Fafa Pretorius sê dat die toneel iets besonders was. Dit was te siene vanaf Aqua Vista-landgoed.
Op plekke was die setperke by die Bronkhorstspruit-gholfbaan op 7 Januarie geheel onder water en het net die punte van die setperkvlaggies uitgesteek
Foto: Laurika van der Linde
Volgens Riamar Park-sekerheidsfirma was die Bronkhorstspruitdam op 7 Januarie 106% vol en die rivier het teen 20 kubieke meter per sekonde gevloei. |
|