Die milde reën het ons gebied se grondpaaie in strome, poele en plasse omskep. Laurika van der Linde se kamera-lens wys hoe wolke in dié poele weerkaats, hoe die sonsondergang die paadjies in ’n rooskleurige prag omskep en hoe groen die wêreld rondom dié plaaspaadjies omgetower is.
Wolke weerkaats in ’n Elandshoekse plaaspaadjie
Dié plaaspad buite Bronkhorstspruit wys duidelik dat dit hier goed gereën het
’n Stroompie loop langs ’n grondpad op Elandshoek
Dit wat eens ’n grondpad was
Net inwoners durf dié Rhenosterfontein-pad aan
’n Kronkelpaadjie bo-op Diamond Hill
’n Tweespoorpaadjie buite Rayton
Die sonsondergang kleur die waterdeurdrenkte paadjie na dié Elandshoekse opstal pienk in
Emma Koekemoer het dié foto op ’n wildsplaaspaadjie in die omgewing geneem
|