Print E-mail
News - Ons Mense
Monday, 18 May 2009 10:19
Untitled Document

Nataniël hou konsert op 19 Junie om 7 nm by die NG Valleisig Auditorium in Faerie Glen.

Sy hulp is ingeroep om die Alma Skool vir Leerders met Gestremdheid te help met fondse vir hul voedingskema.

Dié fondsinsamelingsprojek word gereël deur MB Bemarking in samewerking met Alma Skool. Die toegangsfooi tot dié aand van humor, pittigheid en plesier is R100 per persoon. Daar sal uitstallers wees, ’n veiling word aangebied en gelukkige trekkings gaan gehou word.

Vir meer inligting, bel vir organiseerder Mariëtte Basson by 082-900-1277.

 

© 2020 Die/The Bronberger